For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Transsilvanië.

Transsilvanië

Transsilvanië

Transilvania/Ardeal
Historiese streek
Die grootste kerk in Cluj-Napoca, die nie-amptelike hoofstad van Transsilvanië.
Die grootste kerk in Cluj-Napoca, die nie-amptelike hoofstad van Transsilvanië.
Vlag van Transsilvanië
Vlag
Wapen van Transsilvanië
Wapen
Transsilvanië se ligging in Roemenië
Transsilvanië se ligging in Roemenië
Koördinate: 46°46′0″N 23°35′0″O / 46.76667°N 23.58333°O / 46.76667; 23.58333
LandVlag van Roemenië Roemenië
Oppervlak
 • Totaal102 834 km2 (39 704 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal7 309 291
 • Digtheid71/km2 (180/vk. myl)
TydsoneUTC+02:00 (OET)
 • SomertydUTC+03:00 (OEST)

Transsilvanië is ’n historiese streek in wat vandag die sentrale deel van Roemenië is. Dit word in die ooste en suide deur die Karpate begrens; in die weste strek die historiese Transsilvanië tot by die Apusenibergreeks. Die term sluit ook soms die historiese streke Crișana, Maramureș en die Roemeense deel van Banat in.

Die streek is bekend vir die natuurskoon van die Karpate en sy ryk geskiedenis. Dit sluit ook groot stede soos Cluj-Napoca, Brașov en Sibiu in.

In die Engelssprekende wêreld word Transsilvanië verbind met vampiere, hoofsaaklik vanweë die invloed van Bram Stoker se bekende boek Dracula sowel as baie latere rolprentweergawes daarvan.[1][2][3]

Etimologie

[wysig | wysig bron]

In Roemeens is die streek bekend as Ardeal of Transilvania; in Hongaars as Erdély; in Duits as Siebenbürgen of Transsilvanien; in Latyn as Transsilvania en in Turks as Transilvanya, maar histories as Erdel of Erdehstan.

  • Daar is in 1075 die eerste na Transsilvanië verwys in ’n Middeleeuse Latyns dokument – as ultra silvam ("anderkant die woud"). Transsilvania beteken dieselfde in Latyn, net met ’n ander voorvoegsel. Volgens Hongaarse historici kom die aanvanklike Latynse naam, Ultrasylvania, direk van die Hongaarse Erdő-elve.[4] Dié naam is ook vroeër in Duits (Überwald, 13de tot 14de eeu) en Oekraïens (Залісся, Zalissia) gebruik.
  • Die Duitse naam Siebenbürgen beteken "sewe forte", na aanleiding van die sewe stede van die (etnies Duitse) Transsilvaniese Saksers in die streek. Dit is ook die bron van Transsilvanië se naam in verskeie ander tale, soos Bulgaars (Седмиградско, Sedmigradsko, Pools (Siedmiogród) en moderne Oekraïens (Семигород, Semyhorod).
  • Die Hongaarse naam Erdély is die eerste keer in die 12de eeu gebruik as Erdeuleu (in moderne skrif Erdőelü) of Erdő-elve. Die woord erdő beteken "woud" en elve dui ’n streek aan. Erdel, Erdil, Erdehstan en verskeie ander name is hieraan ontleen.
  • Die eerste bekende geskrif waarin die Roemeense naam Ardeal voorkom, is in 1432 (Ardeliu gespel).[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Transylvania Society of Dracula Information" (in Engels). Afn.org. 29 Mei 1995. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2017. Besoek op 30 Julie 2012.
  2. "Travel Advisory; Lure of Dracula In Transylvania". The New York Times. 22 Augustus 1993.
  3. "Romania Transylvania" (in Litaus). Icromania.com. 15 April 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2017. Besoek op 30 Julie 2012.
  4. Engel, Pál (2001). Realm of St. Stephen: History of Medieval Hungary, 895–1526 (International Library of Historical Studies), bl. 24, Londen: I.B. Taurus. ISBN 1-86064-061-3
  5. Pascu, Ștefan (1972). "Voievodatul Transilvaniei". I: 22. ((cite journal)): Cite journal requires |journal= (hulp)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Transsilvanië
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?