For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Takelblok.

Takelblok

Hierdie takelblok word gebruik om 'n boot te water te laat.

'n Takelblok is 'n toestel wat gebruik maak van een of meer katrolle met 'n tou of kabel daaroor gespan en word gebruik om swaar laste op te lig of te trek.

Oorsig

[wysig | wysig bron]

Daar is vele gebruike vir takelblokke maar hulle mees algemene gebruik is op bote en seilskepe. Die takelblok is deur Archimedes uitgevind.

Meganiese voordeel

[wysig | wysig bron]

Die mees algemene opstelling is om 'n vasgestelde aantal katrolle te hê wat almal op 'n enkele as gemonteer word en 'n ander stel wat kan beweeg. Die meganiese voordeel wat deur 'n takelblok verkry word is gelykstaande aan die aantal toue wat tussen die twee blokke gespan is. As 'n takelblok byvoorbeeld bestaan uit drie vaste en drie bewegende katrolle is daar ses kabels/toue wat tussen hulle gespan is, wat 'n meganiese voordeel van 6 lewer. Dit maak dit moontlik om gewigte op te lig wat ses keer swaarder is as wat 'n mens/masjien normaalweg sou kon optel (as wrywingsverliese en die gewig van die bewegende blok as nalaatbaar klein beskou word).

Wrywing

[wysig | wysig bron]

Die verhoogde krag wat deur die takelblok geskep word, word teengewerk deur die langer lengte van die tou wat benodig word en die wrywing in die stelsel. Om 'n gewig op te lig met 'n takelblok met 'n meganiese voordeel van 6 oor 'n hoogte van 1 meter, is dit nodig om 6 meter tou deur die blokke te laat beweeg. Wrywingsverliese beteken ook dat daar 'n punt bereik word waar die byvoeging van verdere katrolle nie meer prakties is nie.

Takelwerk tegnieke

[wysig | wysig bron]

'n Takelblok kan opgestel word sodat die krag uitgeoefen in dieselfde rigting is as die krag wat deur die las uitgeoefen word of so opgestel dat die krag uitgeoefen in die teenoorgestelde rigting is as die krag wat deur die las uitgeoefen word. Die presiese opstelling van die takelwerk berus gewoonlik op ergonomiese oorwegings.

Sien ook

[wysig | wysig bron]
  • Hyskraan
  • Windas

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  • Rescue Technician: ''Operational Readiness for Rescue Providers'', geredigeer deur Claire Merrick et al., gepubliseer deur Mosby, Inc., St. Louis, Mo., 1998, kopiereg deur die Maryland Fire and Rescue Institute. ISBN 0-8151-8390-9 Sien Hoofstukke 4 en 5, p. 41 en ff.
  • M. Oppolzer, T. Wahls: ''I Like To Move It. Flaschenzüge in der Seiltechnik.'' Hamburg 2019, ISBN 978-3-9820618-0-1.

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Takelblok
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?