For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Stuifmeel.

Stuifmeel

Die punt van ’n tulp se meeldraad met stuifmeelkorrels aan.
’n Mikroskopiese blik op die stuifmeelkorrels van verskillende plante.

Stuifmeel in saadplante is ’n fyn tot growwe poeier aan die punte van meeldrade wat die mikrogametofiete bevat wat die manlike gamete (spermselle) vervaardig. Stuifmeelkorrels het ’n harde laag wat die gametofiete beskerm wanneer hulle van die stempel na die stamper oorgedra word.

As stuifmeel op die stamper van ’n blom van dieselfde soort beland, ontkiem dit en vervaardig ’n stuifmeelbuis wat die sperma na die saadknoppe met die vroulike gametofiete oordra. Dit word bestuiwing genoem. Individuele stuifmeelkorrels is so klein dat ’n mikroskoop nodig is om hulle te sien.

Stuifmeelvervaardiging

[wysig | wysig bron]

’n Tipiese helmknop bevat vier mikrosporangia. Dié vorm stuifmeelsakkies in die helmknop. Elke mikrosporangium is uitgevoer met ’n laag voedingsweefsel bekend as die tapetum en bevat aanvanklik diploïede moederselle. Dié ondergaan meiose om enkelkernige spore te vorm. Die spore is óf aanmekaar vas óf ná meiose geskei. Elke mikrospoor verdeel dan deur mitose om onvolgroeide mikrogametofiete te vorm, wat stuifmeelkorrels genoem word. Die stuifmeel word eindelik vrygestel wanneer die helmknop oopbars.

Wanneer stuifmeel deur die wind, water, insekte, voëls of ander diere van een blom se helmknop na ’n ander blom se stamper oorgedra word, word dit kruisbestuiwing genoem. Wanneer dit van ’n helmknop op dieselfde blom se stamper beland, is dit selfbestuiwing.

Daarna voltooi die stuifmeelkorrel (onvolgroeide mikrogametofiet) gewoonlik sy ontwikkeling. Dit kan ’n stuifmeelbuis ontwikkel en mitose ondergaan om twee spermkerns te vervaardig.

Allergieë

[wysig | wysig bron]

Stuifmeel veroorsaak by sekere mense ’n allergiese reaksie wat hooikoors genoem word. Plante waarvan die stuifmeel allergieë veroorsaak, is gewoonlik anemofiele, waarvan die stuifmeel deur die wind versprei word. Sulke plante vervaardig groot hoeveelhede liggewig-stuifmeel omdat die kans kleiner is dat die stuifmeel toevallig op ’n blom van dieselfde soort sal beland. Dié stuifmeel word oor groot afstande versprei en is maklik om in te asem. Dit veroorsaak ’n jeukerige, branderige gevoel in die slymvlies in die neus. Dit kan ook die oë en keel aantas.

Anemofiele wat in die lente blom soos die eike, berk, neuthout en pekan, asook vroegsomer-grassoorte kan hooikoors veroorsaak. Die meeste tuin- en huisplante met kleurryke blomme veroorsaak nie allergieë nie.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Stuifmeel
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?