For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Steve Tshwete.

Steve Tshwete

Steve Tshwete

Minister van Veiligheid en Sekuriteit
Ampstermyn
17 Junie 1999 – 12 April 2002
President Thabo Mbeki
Voorafgegaan deur Sydney Mufamadi
Opgevolg deur Charles Nqakula

Minister van Sport en Ontspanning
Ampstermyn
1994 – 1999
President Nelson Mandela
Voorafgegaan deur Nuwe pos
Opgevolg deur Ngconde Balfour

Persoonlike besonderhede
Gebore 12 November 1938
Springs, Transvaal
Sterf 12 April 2002 (op 63)
Pretoria
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Pamela
Kind(ers) Lindela, Mayihlome en Yonda

Stephen Vukile Tshwete (gebore 12 November 1938[1] in Springs12 April 2002, Pretoria) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en ANC-aktivis. Hy was by Umkhonto we Sizwe betrokke en is vanaf Februarie 1964 tot 1983 op Robbeneiland aangehou, waarna hy in ballingskap gegaan het. Hy keer in 1990 na Suid-Afrika terug en hervat sy politieke bedrywighede as 'n lid van die ANC en 'n plaaslike koördineerder vir die United Democratic Front.

As die hoof van die ANC se sportkantoor was dit sy taak om die sportdissiplines wat voorheen deur apartheid geskei is saam te snoer. Hy het die gawe gehad om "geswore vyande na die onderhandelingstafel te bring en hulle as bondgenote weg te stuur...hy het van een sportsoort na die volgende gegaan om slaggate op hul pad na eenheid te oorbrug".[2] Nadat hy Suid-Afrika se krieketliggame verenig het, het hy in Mei 1991 saam met Ali Bacher na Londen gereis en suksesvol aansoek gedoen vir Suid-Afrika se hertoelating tot die Internasionale Krieketraad.[3]

As minister van sport en ontspanning het Tshwete 'n belangrike rol in skep van nierassige nasionale spanne gespeel. Hy het vanaf 1999 tot sy dood in April 2002 in die eerste kabinet van Thabo Mbeki as die minister van veiligheid en sekuriteit gedien. Die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit in Mpumalanga is na hom vernoem.[4]

In 1996 het hy die eerste Governor's Cup-seiljagresies vanaf Kaapstad na Sint Helena afgesit, deur die skeepsirene te blaas.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 12 November 2014.
  2. Rodney Hartman, Ali: The Life of Ali Bacher, Penguin, Johannesburg, 2006, p. 322.
  3. Rodney Hartman, Ali: The Life of Ali Bacher, Penguin, Johannesburg, 2006, p. 323-31.
  4. Steve Vukhile Tshwete biography Geargiveer 20 April 2009 op Wayback Machine at ANC.org.za
  5. Governor's Cup op sainthelenaisland.info

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Politieke poste
Voorafgegaan deur
Sydney Mufamadi
Minister van Veiligheid en Sekuriteit
1999–2002
Opgevolg deur
Charles Nqakula
Voorafgegaan deur
nuwe pos
Minister van Sport en ontspanning
1994–1999
Opgevolg deur
Ngconde Balfour
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Steve Tshwete
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?