For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Stavelot.

Stavelot

Stavelot

Ligging in die provinsie Liège Wapen
Vlag
 Land België
 Gewes (deelstaat) Wallonië
 Gemeenskap Franse Gemeenskap
 Provinsie Liège (Luik)
 Koördinate 50°23′N 5°55′E / 50.383°N 5.917°O / 50.383; 5.917
 Stigting 648
 Oppervlakte:  
 - Totaal 85,07 vk km
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2017) 7 128
 - Bevolkingsdigtheid 83,7/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Thierry de Bournonville (MR)
 Amptelike Webwerf stavelot.be

Stavelot (Wallonies Ståvleu, Duits Stablo) is 'n stad in die Franssprekende Belgiese gewes Wallonië. Stavelot is in die ooste van die provinsie Liège (Nederlands Luik) geleë, sowat 50 kilometer van die stad Liège (Luik) en 150 kilometer van Brussel af. Die munisipale gebied het 'n bevolking van 6 919 (soos op 1 Januarie 2015) en 'n oppervlakte van 85 km².

Stavelot het internasionale bekendheid vir sy Maaslandse metaal- en goudsmeekuns verwerf.

Geografie

[wysig | wysig bron]

Stavelot is in die Hoog Ardenne-bergreeks en in die sentrum van 'n uitgestrekte vrugbare gebied geleë, vlakby die grens met Duitsland. Die stad het langs die oewers van die Amel-rivier ontwikkel.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Liard-muntstuk, gemaak in Stavelot in 1643-1650

Stavelot is een van die oudste nedersettings in België wat sy ontstaan aan die plaaslike abdy te danke het. Die klooster is in 648 in opdrag van die hofmeier Grimoald deur Sint Remaclus gestig. Die Merowingies-Frankiese koning Sigibert III het uitgestrekte landerye aan die abdy geskenk.

As deel van die diosese van Luik het die abdy saam met die klooster van Malmédy in die diosese van Keulen in die laat middeleeue 'n ryksgebied ("Ryksabdy van Stavelot-Malmédy") gevorm wat onmiddellik van die Heilige Romeinse Ryk afhanklik was en oor sy eie setel en stem in die Raad van Ryksvorste beskik het. Die ab van die Stavelot-klooster het sodoende die titel vors-ab gevoer. Die vorstedom het sy politieke outonomie eers tydens die Franse Rewolusie in 1794 kwytgeraak.

Volgens 'n besluit van die Kongres van Wene is Stavelot van sy susterstad en -klooster Malmédy, wat by Pruise ingelyf is, geskei. Stavelot het eers deel van die Verenigde Koninkryk van die Nederlande geword en is in 1830 by die nuutgestigte Belgiese koninkryk ingesluit.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Stavelot
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?