For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Stade de la Beaujoire.

Stade de la Beaujoire

Stade de la Beaujoire
Die Stade de la Beaujoire tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

Bynaam La Beaujoire
Volle naam Stade de la Beaujoire - Louis Fonteneau
Ligging Route de Saint Joseph 44300, Nantes, Frankryk
Koördinate 47°15′20″N 1°31′31″W / 47.25556°N 1.52528°W / 47.25556; -1.52528
Eienaar Nantes Métropole
Kapasiteit 37 473
Oppervlak Gras
Konstruksie
Geopen 8 Mei 1984
Huurders
FC Nantes

Die Stade de la Beaujoire - Louis Fonteneau (Frans: ​[stad də la boˈʒwaʁ]), meer bekend as La Beaujoire, is 'n stadion in Nantes, Frankryk. Dit is die tuiste van die sokkerklub FC Nantes. In September 2007 het dit drie groepwedstryde van die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied. Dit is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2023 vir vier groepwedstryde gebruik.

Wedstryd tussen Kanada en Wallis tydens die Rugbywêreldbeker 2007

Die stadion is op 8 Mei 1984 ingehuldig met 'n vriendskaplike wedstryd tussen FC Nantes en Roemenië. Dit is genoem na Louis Fonteneau wat president van FC Nantes was tussen 1969 en 1986. Die stadion is in 1998 vir die Sokker-Wêreldbeker opgeknap. Terwyl die oorspronklike kapasiteit 52 923 was, is alle staanplekke in 1998 in sitplekke omskep wat die kapasiteit na 38 285 verminder het. Voorheen het die klub by die Stade Marcel Saupin gespeel.

Die stadium word ook vir internasionale rugbywedstryde gebruik en is die stadion waar Frankryk die All Blacks op 15 November 1986 met 16–3 geklop het.

La Beaujoire is ook vir verskeie wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984 gebruik, insluitend 'n 5–0 oorwinning deur Frankryk oor België. Ses wedstryde is ook by die stadion gespeel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, insluitend die kwarteindstryd tussen Brasilië en Denemarke.

Die Franse nasionale sokkerspan het op sewe geleenthede daar gespeel, mees onlangs 'n vriendskaplike wedstryd teen Kameroen (3–2) in Mei 2016.

Wedstryde

[wysig | wysig bron]

Europese Sokkerkampioenskap 1984

[wysig | wysig bron]
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
16 Junie 1984 17:15 Vlag van Frankryk Frankryk 5–0 Vlag van België België Groep A 51 359
20 Junie 1984 20:30 Vlag van Portugal Portugal 1–0 Vlag van Roemenië Roemenië Groep B 24 464

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

[wysig | wysig bron]
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
13 Junie 1998 14:30 Vlag van Spanje Spanje 2–3 Vlag van Nigerië Nigerië Groep D 35 500
16 Junie 1998 21:00 Vlag van Brasilië Brasilië 3–0 Vlag van Marokko Marokko Groep A 35 500
20 Junie 1998 14:30 Vlag van Japan Japan 0–1 Vlag van Kroasië Kroasië Groep H 35 500
23 Junie 1998 16:00 Vlag van Chili Chili 1–1 Vlag van Kameroen Kameroen Groep B 35 500
25 Junie 1998 21:00 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 0–1 Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië Groep F 35 500
3 Julie 1998 21:00 Vlag van Brasilië Brasilië 3–2 Vlag van Denemarke Denemarke Kwarteindrondte 35 500

Rugbywêreldbeker 2007

[wysig | wysig bron]
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
9 September 2007 14:00 Vlag van Wallis Wallis 42–17 Vlag van Kanada Kanada Groep B 37 500
22 September 2007 16:00 Vlag van Engeland Engeland 44–22 Vlag van Samoa Samoa Groep A 37 022
29 September 2007 17:00 Vlag van Wallis Wallis 34–38 Vlag van Fidji Fidji Groep B 37 080

Rugbywêreldbeker 2023

[wysig | wysig bron]
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
16 September 2023 21:00 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 59–16 Vlag van Tonga Tonga Groep B 31 673
30 September 2023 15:00 Vlag van Argentinië Argentinië 59–5 Vlag van Chili Chili Groep D 33 963
7 Oktober 2023 15:00 Vlag van Wallis Wallis 43–19 Vlag van Georgië Georgië Groep C 33 580
8 Oktober 2023 13:00 Vlag van Japan Japan 27–29 Vlag van Argentinië Argentinië Groep D 31 794

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Stade de la Beaujoire
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?