For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Springfield, Massachusetts.

Springfield, Massachusetts

Springfield

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Massachusetts
 County Hampden
 Koördinate 42°06′N 72°35′W / 42.100°N 72.583°W / 42.100; -72.583
 Gestig op 14 Mei 1636
 Geïnkorporeer op 25 Mei 1852
 Oppervlakte:  
 - Totaal 85,7 vk km
 Hoogte bo seevlak 21 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 153 060
 - Bevolkingsdigtheid 1 854,6/vk km
 Tydsone OST (UTC -5)
 Somertyd ODT (UTC -4)
 Burgemeester Domenic Sarno (D)
 Amptelike Webwerf springfield-ma.gov
Die "Muskette-orrel" in Springfield se wapenmuseum met 647 Model 1861-gewere (met kapasiteit vir 1 100). Dit was die Amerikaanse digter en opvoedkundige Henry Wadsworth Longfellow (1807−1882) wat die musketrakke in sy gedig The Arsenal at Springfield (1844) as «orrels» beskryf het

Springfield is 'n stad in die suidweste van Massachusetts, geleë langs die Connecticut-rivier, ongeveer 147 km suidwes van Boston en 5 km noord van die grens met Connecticut. Springfield dien as die administratiewe setel van die distrik Hampden (Hampden County). Tussen 1794 en 1968 was Springfield die setel van 'n nasionale wapenfabriek waar onder meer kleiner vuurwapens en gewere (die sogenaamde Springfield-modelreeks en enkele halfoutomatiese gewere soos die M1 Garand) vervaardig is. Die aanleg, wat in die wapenbehoeftes van die Amerikaanse strydmagte voorsien het, is later omgeskep tot 'n museumkompleks, die Springfield Armory National Historic Site.

Drie van Springfield se byname verwys na belangrike uitvindings wat hier gemaak is asook wetenskaplike prestasies. The City of Firsts sinspeel op innovasies soos die eerste uitgawe van Charles en George Merriam se Amerikaanse woordeboek, The American Dictionary of the English Language, wat in 1847 gepubliseer is, die eerste Amerikaanse gasaangedrewe voertuig en die eerste meganiese draaibank wat vir die vervaardiging van geweerlope ontwikkel is. The City of Homes verwys na Springfield se Victoriaanse residensiële boukuns, terwyl die bynaam Hoop City aan Springfield as bakermat van basketbal gegee is – 'n nuwe sport wat hier in 1891 deur James Naismith uitgevind is.

Een van Springfield se bekendste boorlinge is die kinderboekskrywer en -illustreerder Theodore Seuss Geisel (1904−1991), beter bekend as Dr. Seuss, wat sukses behaal met werke soos The Cat in the Hat.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die eerste westerse mense het hier gearriveer in die lente van 1636 onder leiding van William Pynchon.[1] Uit vrees vir die Indiane het hulle later na die oostekant van die Connecticut-rivier getrek wat minder vrugbaar is. In 1640 was die nedersetting se naam verander van Agawam na Springfield, Pynchon se geboortedorp in Engeland. In 1641 is dit amptelik as 'n dorp bevestig. Pynchon was die leier van die gemeenskap tot in 1652, hy ondervind egter weerstand van die Massachusetts Algemenehof oor dinge wat hy geskryf het en word ontslaan as burgemeester. Hy vertrek na Engeland.

Gedurende die King Philips's War in 1675 vernietig die Agawam Indiane 'n groot gedeelte van die nedersetting; dit was 'n verrassing vir die gemeenskap aangesien die Agawam vriendelik was tot op daardie stadium.

In 1852 het dit stadstatus verkry.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 21, bl. 463
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Springfield, Massachusetts
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?