For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Sonnebaan.

Sonnebaan

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Die vlak van die sonnebaan kan mooi gesien word op hierdie foto van 1994 deur die Clementine-ruimtetuig. Clementine se kamera wys hier (van regs na links) die Maan, verlig deur die aarde se weerkaatsing, die Son se gloed wat oor die donker deel van die maan opkom en die planete Saturnus, Mars en Mercurius (die drie kolle links onder).
Die sonnebaan van die kant af gesien. Dit wys die planete Mercurius, Venus, Aarde en Mars en toon aan hoe die planete op dieselfde vlak om die Son beweeg.

Die sonnebaan (ook die ekliptika genoem) omskryf die vlak wat die wentelbaan van die Aarde om die Son bevat. Die wentelbaan van die meeste planete in die sonnestelsel lê baie na aan dié vlak. Van die Aarde gesien is dit 'n reusesirkel (om die waarnemer) wat deur die hemelruim loop en die verskillende punte van die son se pad oor die verloop van 'n jaar daarop bevat relatief tot die sterre op die agtergrond.

Die diereriem lê ook op die sonnebaan. Die sonnebaan vorm 'n hoek van ~23.5° met die hemelewenaar vanweë die helling van die aarde se as met betrekking tot sy wentelbaan. Die wentelbaan van die Maan vorm 'n helling van ~5° met betrekking tot die sonnebaan.

Omdat daar ~365.25 dae in 'n jaar is en daar 360 grade in 'n sirkel is, lyk dit asof die son met ongeveer 'n graad per dag met die sonnebaan langs beweeg. Hierdie beweging is van wes na oos, in teenstelling met die skynbare oos-wes-beweging van die hemelruim.

Die sonnebaan en die hemelewenaar kruis mekaar op twee punte direk teenoor mekaar. Hierdie punte is die dag-en-nag-eweninge, wanneer die dag en nag op alle plekke op aarde ongeveer 12 uur lank is.

Die punt op die sonnebaan wat die verste noord is van die hemelewenaar word die wintersonkeerpunt of -sonstandpunt genoem (die somersonkeerpunt in die Noordelike Halfrond) en wanneer die punt die verste suid van die hemelewenaar is, is die omgekeerde waar. Die son se skynbare jaarlikse beweging langs die sonnebaan is die gevolg van die Aarde se wentelbeweging en hellingshoek.

Wanneer die Maan tydens donkermaan die sonnebaan kruis (knope genoem), sal 'n sonsverduistering plaasvind.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Sonnebaan
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?