For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Skyf van Phaistos.

Skyf van Phaistos

Kant A van die oorspronklike skyfie
Kant B

Die skyfie van Phaistos (Grieks : Δίσκος της Φαιστού), is 'n argeologiese vondsel op die Griekse eiland Kreta , in die paleis van die voormalige stad Phaistos.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die skyf het 'n deursnee van ongeveer 16 sentimeter en is ongeveer 16-19 millimeter dik. Die tablet is gemaak van erdewerk, waarop aan albei kante ikone gestempel word in 'n vorm van 'n spiraalagtige teks.

Die tekens van die skyf het min gemeen met ander Kretensiese skryfstelsels van daardie tyd (Kretensiese hiërogliewe, Lineêr A of Lineêr B). In 1935 is 'n seremoniële byl gevind in Arkalochori met 'n korter inskripsie in soortgelyke karakters.

Aangesien Kreta nooit 'n enkele staat in die pre-Griekse tyd was nie, lyk dit asof die teks 'n mislukte poging is om 'n alternatief vir Kretensiese hiërogliewe wat in die noordoostelike deel van die eiland gebruik word, te skep.

Teen die einde van die XX eeu stem die meeste navorsers saam dat die skyf plaaslike oorsprong het en nie ingevoer is nie. Dit word gedateer omstreeks 1700 tot 1600 vC gebaseer op die argeologiese konteks. Tans word die voorwerp in die argeologiese museum in Heraklion gehou.

Geen van die pogings om die teks te ontsyfer was algemeen aanvaar deur die gemeenskap van navorsers nie. Een van die pogings is in die 1960's deur 'n Suid-Afrikaanse taalkundige Simon Davis gemaak[1].

Analise van die skryfstelsel

[wysig | wysig bron]

Die skryfstelsel is vermoedelik 'n lettergreepskrif, gesien die vry grote aantal tekens se (45). Statisties gesien is die waarskynlik dat in 'n so korte teks, 241 of 242 karakters se, nog 'n dosyn andere tekens se nie verteenwoordig is. Die teks loop van buite na binne en lyk verdeel te wees in 30 woorde aan die ene kant en 31 aan die andere. By die fabricage is daar deur die maker op een punt 'n regstelling aangebring.

Volgens die aantal en frekwensie van karakters, is dit waarskynlik 'n lettergreepskrif.

Die lys van tekens se is die volgende, insluitende frekwensie:

Nr. Glief Beskrywing deur Evans Aantal Opmerkings
01 01 "voetganger" 11
02 02 "bevederd hoof" 19 mees voorkomende simbool, altyd by die begin van 'n woord
03 03 "getatoeëerd hoof" 2
04 04 "gevangene" 1
05 05 "kind" 1
06 06 "vrou" 4
07 07 "helm" 18
08 08 "pantservuist" 5
09 09 "tiara" 2
10 10 "pyl" 4 alleen op kant A
11 11 "boog" 1
12 12 "schild" 17 12 inkeer groep 02-12; vergelyk met Lineêr B qe and Luwisch TURPI
13 13 "knuppel" 6
14 14 "kluisters" 2
15 15 "haak" 1
16 16 "saag" 2
17 17 "bedekking" 1
18 18 "boemerang" 12 vergelyk met Lineêr A/B 37, Lineêr B ti
19 19 "winkelhaak" 3 alleen op kant A; vergelyk met Lineêr B sa
20 20 "dolium" 2
21 21 "kam" 2
22 22 "slinger" 5 alleen op kant B
23 23 "zuil" 11 vergelyk met Lineêr A/B 05 of Lineêr A/B 06, Linear B to of na
24 24 "miernes" 6 vergelyk met Lineêr B wa
25 25 "skip" 7
26 26 "horing" 6
27 27 "runderhuid" 15
28 28 "stierenpoot" 2
29 29 "kat" 11
30 30 "ram" 1
31 31 "arend" 5 alleen op kant A
32 32 "duif" 3
33 33 "tuna" 6
34 34 "by" 3
35 35 "plataan" 11 vergelyk met Lineêr B te
36 36 "wingerd" 4 alleen op kant B; vergelyk met Lineêr B ni (vyeboom)
37 37 "papyrus" 4
38 38 "rosette" 4
39 39 "lelie" 4
40 40 "ossenrug" 6
41 41 "fluit" 2
42 42 "rasp" 1
43 43 "sif" 1 vergelyk met Lineêr B ta2
44 44 "byltjie" 1
45 45 "golf" 6 vergelyk met Lineêr B ra2

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Simon Davis (1967). The decipherment of the Minoan Linear A and pictographic scripts. 341 p. Witwatersrand University Press (1967). ASIN: B0006BSPW8

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Sjabloon:Commonscatklein

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Skyf van Phaistos
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?