For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Skroef van Archimedes.

Skroef van Archimedes

Die skroef van Archimedes word met die hand gewerk en lig water na ’n hoër vlak.

Die skroef van Archimedes, ook bekend as die "waterskroef", "skroefpomp" of "Egiptiese skroef",[1] was ’n masjien wat gebruik is om water van ’n laer vlak na besproeiingslote te vervoer. Water is gepomp deur ’n skroefmeganisme binne-in ’n pyp te draai. Dit is ook vir stof soos poeier en graankorrels gebruik.

Daarbenewens kon dit krag opwek as dit deur water aangedryf is in plaas van om water op te lig.[2] Hoewel Archimedes gewoonlik die eer vir die uitvinding daarvan kry, is daar bewyse dat dit lank voor sy tyd reeds in antieke Egipte gebruik is.[3]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
’n Waterpomp in Egipte uit die 1950's.

Die skroefpomp is die oudste bekende vervoerpomp.[1] Die eerste rekords daaroor dateer van voor die 3de eeu v.C. uit Hellenistiese Egipte.[1][4] Die Egiptiese skroef, wat gebruik is om water uit die Nylrivier te lig, het bestaan uit buise wat om ’n silinder gedraai was. ’n Latere ontwerp in Egipte het ’n skroefvormige groef gehad wat om die buitekant van ’n soliede stuk hout geloop het en die silinder is dan met stukke bord of velle metaal bedek om die oppervlakke tussen die groewe te bedek.[1]

Sommige navorsers stel voor dit is die meganisme waarmee die Hangende Tuin van Babilon, een van die sewe wonders van die antieke wêreld, natgelei is. ’n Inskripsie in wigskrif van koning Sanherib van Assirië (704-681 v.C.) word deur Stephanie Dalley[5] vertolk as ’n beskrywing van die giet van waterskroewe van brons sowat 350 jaar tevore. Dit stem ooreen met die beskrywing van die klassieke skrywer Strabo dat die Hangende Tuin met skroewe besproei is.[6]

Die skroefpomp is later van Egipte na Griekeland gebring.[1] Dit is deur Archimedes beskryf[7] tydens ’n besoek aan Egipte omstreeks 234 n.C.,[8] maar dit beteken net die Grieke het nie die apparaat voor die Hellenistiese tydperk geken nie.[7] Archimedes het nooit beweer hy het dit uitgevind nie, maar Diodorus het hom 200 jaar later die eer daarvoor gegee omdat hy geglo het Archimedes het die skroefpomp in Egipte ontwerp.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 Stewart, Bobby Alton; Terry A. Howell (2003). Encyclopedia of water science. USA: CRC Press. p. 759. ISBN 0-8247-0948-9.
  2. YoosefDoost, Arash; Lubitz, William David (2020). "Archimedes Screw Turbines: A Sustainable Development Solution for Green and Renewable Energy Generation—A Review of Potential and Design Procedures". Sustainability (in Engels). 12 (18): 7352. doi:10.3390/su12187352.
  3. New Standard Encyclopedia. Standard Educational Corp. 1978. p. A-257. ISBN 9780873921831. Besoek op 30 April 2020.
  4. "Screw". Encyclopædia Britannica online. (2011). The Encyclopaedia Britannica Co.. 
  5. Stephanie Dalley, The Mystery of the Hanging Garden of Babylon: an elusive World Wonder traced, (2013), OUP ISBN 978-0-19-966226-5
  6. Dalley, Stephanie; Oleson, John Peter (2003). "Sennacherib, Archimedes, and the Water Screw: The Context of Invention in the Ancient World". Technology and Culture. 44 (1): 1–26. doi:10.1353/tech.2003.0011. S2CID 110119248.
  7. 7,0 7,1 Oleson 2000, pp. 242–251
  8. Haven, Kendall F. (2006). One hundred greatest science inventions of all time. USA: Libraries Unlimited. pp. 6–. ISBN 1-59158-264-4.

Skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Skroef van Archimedes
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?