For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Ski.

Ski

'n Skiër wys sy slag in die Alpe.
'n Ski-hyser neem skiërs tot by die wegspringplek.
Met velle omhoog loop.

Ski is 'n metode van vervoer en 'n wintersport waar mense met behulp van ski's oor sneeu of ys gly. Mense wat ski word skiërs genoem. Spesiale toerusting word hiervoor benodig, onder andere 'n paar ski-stewels met bypassende ski-planke (waaraan die skoene kan hak). Warm klere, insluitende 'n mus en handskoene, is noodsaaklik om die skiër teen die koue te beskerm.

In Suider-Afrika is daar slegs twee oorde wat ski-geleenthede bied, die Tiffindell Ski-oord in Suid-Afrika en Afriski in Lesotho.

Geskiedenis

Mense ski al vir eeue lank.[1] Moderne vorme van ski het in Skandinawië ontstaan, maar mense het moontlik al as so vroeg as 600 v.C. in China geski.[2][3]

Die woord "ski" kom van Noorweë en word internasionaal gebruik. Dit is van die Oudnoorse woord "skíð" afkomstig, wat "verdeelde stuk hout" of "brandhout" beteken.[4][5] Hoewel ski's oorspronklik van hout gemaak is, word hulle deesdae eerder van veselglas of ander saamgestelde materiale vervaardig. Soms word 'n kombinasie van hout en saamgestelde materiale gebruik.

Asimmetriese ski's is ten minste tot die laat 19de eeu in die noorde van Finland en Swede gebruik. Die skiër het 'n lang reguit, nie-geboë ski aan die een been gedra, en 'n kort ski aan die ander waarmee hy kon skop. Die onderkant van die kort ski was ontbloot of met diervel bedek, terwyl die lang ski (wat die skiër se gewig moes dra) met diervet gesmeer is (soortgelyke aan moderne ski-was).

Aanvanklik het skiërs slegs een paal of stok gebruik. Die eerste uitbeelding van 'n skiër met twee ski-stokke is in 1741.[6]

Tot die middel van die 19de eeu was ski hoofsaaklik vir vervoer gebruik. Sedertdien word dit ook vir ontspanning en sport aangewend.[7] Ski-oorlogvoering is in die 18de eeu in Noorweë bestudeer[8] en militêre ski-wedrenne is gehou.[9] Soos toerusting ontwikkel het en ski-hysers ontstaan het, het twee hoofvorme van ski die laat 19de en vroeë 20ste eeu ontstaan, Alpyns (afdraande ski, met lang dun ski's) en Nordies (landloop-ski en spronge).

Vorme

Daar bestaan verskeie vorme van ski. Van die skisporte sluit in:

Alpyns, ski en sneeuplank

  • Alpeski (alpine skiing)
  • Vryski (freestyle skiing)
  • Sneeuplankry (snowboarding)

Nordies

  • Tweekamp (biathlon)
  • Heg-en-steg-ski (cross country skiing)
  • Skansspring (ski jumping)
  • Noorse kombinasie (nordic combined).

Verwysings

  1. Formenti (2005). "Human locomotion on snow: determinants of economy and speed of skiing across the ages" (PDF). Proc. R. Soc. B. Besoek op 2 September 2016.
  2. Editors (25 Januarie 2006). "Ancient paintings suggest China invented skiing". China Today (in Engels). Xinhua News Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2016. Besoek op 27 Januarie 2015. ((cite web)): |last= has generic name (hulp)
  3. Marquand, Edward (15 Maart 2006). "Before Scandinavia: These could be the first skiers". Christian Science Monitor (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 8 Maart 2015.
  4. The cradle of skiing (Norway – the official site in the United States)
  5. Skiing and the Creation of a Norwegian Identity (Norway – the official site in the United States)
  6. Hergstrom, P (1748). Beschreibung von dem unter schwedischer Krone gehörigen Lappland. Leipzig: von Rother.
  7. Saur, Lasse (1999): Norske ski – til glede og besvær. Research report, Høgskolen i Finnmark.
  8. "How concern for the national health and military preparedness led France to build the infrastructure for Chamonix, 1924". Besoek op 17 Julie 2014.
  9. Bergsland, Einar (1946): På ski. Oslo: Aschehoug.

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Ski
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?