For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Sinchroniese rotasie.

Sinchroniese rotasie

Die inwoners van die planeet in die middel sal nooit die groen kant van hul maan sien nie, as gevolg van sinchroniese rotasie.

Sinchroniese rotasie of gebonde rotasie is in sterrekunde die situasie waar ’n hemelliggaam se rotasieperiode om sy eie draaias gebonde is aan sy wentelperiode om ’n ander liggaam met ’n groter massa. Dus is dieselfde halfrond altyd na die groter liggaam gedraai. Op die kleiner liggaam lyk dit of die ander een altyd op dieselfde plek sit.

As die rotasiespoed hoër as die wentelspoed is, ontstaan ’n wrywing wat die rotasie teenwerk, en eindelik neem dit af.

Die Maan het ’n sinchroniese rotasie; inderdaad, die meeste groot natuurlike satelliete in die Sonnestelsel se rotasie is sinchronies. Dit gebeur veral as hulle naby aan hul planeet geleë is.

’n Sinchroniese rotasie word veroorsaak deur die getywerking wat die swaarder liggaam op die satelliet het. Deur die getywerking word die satelliet effens uitgerek tot ’n ellipsoïed (sien links), met die lang as in die rigting van die getyverwekkende liggaam. Deur die wrywing wat ontstaan as gevolg van die rotasie van die satelliet ten opsigte van die ellipsoïed (die getye-"punte" word voortdurend oor die satelliet verplaas) neem die rotasiespoed van die satelliet af totdat die ellipsoïed ’n vaste plek ten opsigte van die satelliet het.

Sien ook

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Sinchroniese rotasie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?