For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Siljansring.

Siljansring

Siljansring
'n Satellietfoto van die Siljansring. Die Siljansmeer beslaan 'n groot deel van die suidwestelike hoek van die nou geërodeerde krater.
'n Satellietfoto van die Siljansring. Die Siljansmeer beslaan 'n groot deel van die suidwestelike hoek van die nou geërodeerde krater.
Slagstruktuur
Sekerheid Bevestig
Deursnee 52 km
Ouderdom 376,8 ± 1,7 miljoen jaar
Frasnium
Ontbloot Ja
Gebied
Land Vlag van Swede Swede
Distrik Dalarna
Ligging
Die ligging van die Siljansring in Swede.

Die Siljansring (Sweeds: Siljansringen) is 'n prehistoriese slagkrater in Dalarna, Sentraal-Swede.[1] Dit is een van die grootste 15 bekende slagkraters op Aarde en die grootste een in Europa, met 'n deursnee van sowat 52 km. Die slag wat die Siljansring geskep het, het gebeur toe 'n meteoriet die aardoppervlak in die Devoonperiode, sowat 376,8 ± 1,7 miljoen jaar gelede, getref het. Dit stem min of meer ooreen met die eerste Devoon-uitwissing, Kellwasser-voorval of Laat-Frasnium-uitwissing sowat 376,1 ± 1,6 miljoen jaar gelede.[2] Die gevolge van die inpak kan duidelik gesien word in die rotslaag in die ongewing. Die rotse uit die Kambrium, Ordovisium en Siluur wat deur die impak misvorm is, is ryk aan fossiele.

Onlangs is in die gebied om die Siljansring geprospekteer vir olie en aardgas, maar geeneen van die projekte was tot dusver ekonomies volhoubaar nie. Aan die oostekant van die ring is groot neerslae lood en sink.

Verskeie mere kom in die omgewing voor, waarvan die Siljan die grootste is. Dit lê aan die suidsuidwestekant van die krater, met die kleiner Orsameer in die weste en die Skattungen en Ore in die noordooste.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Glasby, Geoffrey B. (2006), "Abiogenic Origin of Hydrocarbons: An Historical Overview", Resource Geology 56 (1): 85–98, doi:10.1111/j.1751-3928.2006.tb00271.x, ISSN 1344-1698, archived from the original on 26 Februarie 2008, https://wayback.archive-it.org/all/20080226224750/http://static.scribd.com/docs/j79lhbgbjbqrb.pdf, besoek op 5 September 2022 .
  2. J.R. Morrow en C.A. Sandberg (2005). Revised Dating Of Alamo And Some Other Late Devonian Impacts In Relation To Resulting Mass Extinction, 68th Annual Meteoritical Society Meeting (2005)

Skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Siljansring
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?