For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Selfstandige Evangelies-Lutherse Kerk.

Selfstandige Evangelies-Lutherse Kerk

Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.

Die Selfstandige Evangeliese-Lutherse Kerk (SELK) (Duits: Selbständige Evangelisch-Lutherische Kirche) is 'n behoudende Lutherse Kerk in Duitsland. Die administratiewe hoofkwartier, die Kirchenbüro, is in Hannover (deelstaat Nedersakse). Die biskop is Hans-Jörg Voigt.

Die SELK is in 1830 gestig. Die verkose demokratiese bestuursorgane van die SELK is die Sinode.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Die Lutherroos was oorspronklik 'n seël wat Martin Luther vir sy briewe gebruik het. Dit is tans een van die simbole van die Evangelies-Lutherse Kerke

Selfstandige Lutherse minderheidskerke het tussen 1817 en 1880 veral in Pruise, Sakse, Hessen en Hannover ontstaan nadat Lutherse en Gereformeerde kerke in Duitsland deur die staat in 'n gemeenskaplike "Evangeliese Kerk" verenig is. Ook in die 20ste eeu het hierdie "Unie" (Duits: Union) of samesmelting model gestaan vir die daarstelling van een enkele Evangeliese eenheidskerk in Duitsland wat met die Evangeliese Kerk in Duitsland (EKD) verwesenlik is. Baie Lutherane was egter gekant teen hierdie samesmelting.

Hulle het veral aangevoer dat die Lutherse en Gereformeerde leerstellings onversoenbaar met mekaar sou wees en in 'n gemeenskaplike kerkverband nie gelyke regte sou kon geniet nie. Daar is byvoorbeeld na die uiteenlopende Lutherse en Gereformeerde leerstellings oor die Nagmaal verwys.

Om hul suiwer Lutherse leerstellings, belydenis, kerkdiens en selfstandige kerkorganisasie te bewaar - iets wat in die verenigde kerke van die verskillende Duitse lande nie meer moontlik was nie - het baie Lutherane daarna gestrewe om hul selfstandige kerkorde te herstel. Die stigting van suiwer Lutherse kerke is ook deur die Bybelkritiese teologie bevorder wat vanuit die staatsuniversiteite na ander sfere in die Duitse samelewing uitgebrei is. 'n Derde rede vir die afstigting van behoudende Lutherse kerke - veral in die laaste derde van die 19de eeu - was die toenemende invloed wat staatsinstellings op die tradisionele kerkreg uitgeoefen het.

Die huidige SELK is in 1972 met die samesluiting van kleiner selfstandige Lutherse kerke in Wes-Duitsland gevorm. 1991 het ook die Evangelies-Lutherse (Oud-Lutherse) Kerk in die eertydse Duitse Demokratiese Republiek (DDR) by die SELK aangesluit. Sodoende is byna alle Lutherse minderheidskerke in Duitsland in 'n gemeenskaplike kerkverband verenig.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Selfstandige Evangelies-Lutherse Kerk
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?