For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Schrödinger se kat.

Schrödinger se kat

Schrödinger se kat, ’n fles gif en ’n radioaktiewe bron in ’n verseëlde houer.

Schrödinger se kat is ’n gedagteproefneming uit 1935 deur die Oostenrykse fisikus Erwin Schrödinger. Dit illustreer wat hy beskou het as die probleem van die onbepaaldheid van kwantummeganika, en hoe dit nie sin maak as dit op alledaagse voorwerpe toegepas word nie. Die gevolg van die proefneming is ’n kat wat óf dood óf lewend is, na gelang van ’n vroeëre lukrake gebeurtenis.[1][2][3][4][5][6][7] Daar word dikwels na die proefneming verwys in teoretiese besprekings van die vertolking van kwantummeganika.

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Werner Heisenberg het in 1926 sy onsekerheidsbeginsel gepubliseer wat impliseer dat jy nie tegelykertyd die presiese posisie en die presiese snelheid van ’n gegewe deeltjie kan weet nie omdat die meting van die een grootheid die ander grootheid versteur. Dit het ’n einde gebring aan die denkrigting van fisici soos Laplace, volgens wie dit moontlik sou moes wees om ’n model van die heelal te bou wat die toestand van die hele heelal op elke oomblik kan voorspel.

As ’n plaasvervanger vir die onsekerheidsbeginsel het Heisenberg en Niels Bohr in 1927 die Kopenhaagse interpretasie van kwantummeganika gepubliseer waarvolgens elke deeltjie hom in ’n sogenaamde kwantumtoestand bevind. Dit is ’n kombinasie van posisie en snelheid, en is dus geen presiese beskrywing van die gedrag van die deeltjie nie. Dit is in kwantummeganika ook nie moontlik om sodanige gedrag presies te beskryf nie – die kwantummeganika beskryf die heelal in terme van ’n gegewe begintoestand en die "moontlike" toestande waarin die heelal uit dié gegewe toestand verder kan ontwikkel.

Volgens die Kopenhaagse interpretasie is dit eers wanneer ’n deeltjie waargeneem word dat dit nie meer in ’n kwantumtoestand voorkom nie, maar verval in óf die een óf die ander moontlike toestand.

Proefneming

[wysig | wysig bron]

In reaksie op die Kopenhaagse interpretasie het Schrödinger sy proefneming gebruik om aan te toon wat sal gebeur as ’n mens dié beginsel op grootskaalse stelsels van toepassing maak.[8] Hy het voorgestel ’n mens sit ’n kat in ’n verseëlde staalhouer saam met ’n fles gif en ’n radioaktiewe bron. As ’n monitor in die houer radioaktiwiteit waarneem (dus ’n enkele atoom wat verval), word die fles gebreek, die gif word vrygestel en maak die kat dood. Volgens Schrödinger dui die Kopenhaagse interpretasie daarop dat die kat lewend én dood is (vir die heelal buite die houer) tot die houer oopgemaak word. Eers dan sal ’n mens kan sien of die kat lewe of nie. Dit laat die vraag ontstaan presies wanneer ’n kwantumtoestand verval in die een of die ander moontlikheid.

Moderne interpretasies

[wysig | wysig bron]

Sedertdien het ander interpretasies van kwantummeganika ontstaan, waarin die "dooie of lewende" kat soms as ’n werklikheid beskou word. Die proefneming bly ’n bepalende toets vir moderne interpretasies. Fisici gebruik dikwels die manier waarop ’n interpretasie Schrödinger se kat behandel om die swak en sterk punte daarvan te illustreer.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Moring, Gary (2001). The Complete Idiot's Guide to Theories of the Universe. Penguin. pp. 192–193. ISBN 1440695725.
  2. Gribbin, John (2011). In Search of Schrodinger's Cat: Quantum Physics And Reality. Random House Publishing Group. p. 234. ISBN 978-0307790446. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2015. Besoek op 21 Desember 2021.
  3. Greenstein, George; Zajonc, Arthur (2006). The Quantum Challenge: Modern Research on the Foundations of Quantum Mechanics. Jones & Bartlett Learning. p. 186. ISBN 076372470X. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2015.
  4. Tetlow, Philip (2012). Understanding Information and Computation: From Einstein to Web Science. Gower Publishing, Ltd. p. 321. ISBN 978-1409440406. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2015.
  5. Herbert, Nick (2011). Quantum Reality: Beyond the New Physics. Knopf Doubleday Publishing Group. p. 150. ISBN 978-0307806741. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2015. Besoek op 21 Desember 2021.
  6. Charap, John M. (2002). Explaining The Universe. Universities Press. p. 99. ISBN 8173714673. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2015. Besoek op 21 Desember 2021.
  7. Polkinghorne, J. C. (1985). The Quantum World. Princeton University Press. p. 67. ISBN 0691023883. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2015. Besoek op 21 Desember 2021.
  8. Schrödinger, Erwin (November 1935). "Die gegenwärtige Situation in der Quantenmechanik (Die huidige situasie in kwantummeganika)". Naturwissenschaften.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Schrödinger se kat
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?