For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Sölring.

Sölring

Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Sölring
Söl'ring
Gepraat in: Vlag van Duitsland Duitsland 
Gebied: Sylt, Noord-Friesland
Totale sprekers: 500
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Anglo-Fries
    Noord-Fries
     Sölring 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: — 
Noord-Friese dialekte

Sölring is die Noord-Friese dialek wat op Sylt (Noord-Fries: Söl'ring), een van die Noord-Friese eilande langs die Noordseekus van die Duitse deelstaat Sleeswyk-Holstein, gepraat word.

Saam met Fering, Öömrang en Helgolandse dialekte vorm dit deel van die eilandgroep van Noord-Friesdialekte. Hoewel die dialek oorspronklik verwant is aan die dialekte van Föhr en Amrum, Fering en Öömrang onderskeidelik, lyk dit nie soos die ander Noord-Friese dialekte nie. Vir sprekers uit ander Noord-Friese dialekte is dit moeilik verstaanbaar en vir buitestaanders moeilik om onder die knie te kry. Die eiland Sylt bevind hom in die verlede dan ook in 'n unieke posisie: aan die een kant is sy ligging baie geïsoleerd, sodat dit sy eie klanke kon ontwikkel, aan die ander kant kon dit uit alle oorde beïnvloed gewees het: deur die nabye Deens (in die besonder die Jutlandse dialek wat sterk sy spore in die woordeskat nagelaat het), deur verskillende ander Noord-Friese dialekte, deur Platduits en moontlik ook deur Nederlands en Engels.

Deur massatoerisme op Sylt sedert die einde van die negentiende eeu (waarvan die aanlê van die Hindenburgdamm ook bydra) loop Sölring die afdraande pad. Daar immigreer baie sprekers van verskillende Duitse streektale, wat beteken dat die inwoners om verstaanbaarheidredes oorskakel na Hoogduits. Ook immigreer daar meer Platduitse sprekers vanuit die Duitse vasteland. Hierdeur ondergaan die meeste Friese 'n taalverplasing, waar die Friese uiteindelik Duits as hul daaglikse kommunikasietaal aanneem, waarin hulle ook hul kinders begin opvoed. Ook die taalonderdrukking onder Adolf Hitler het bygedra tot die verval van die dialek. Tans is Sölring basies net 'n paar honderd mense sterk waarvan baie nie meer op Sylt bly nie. Hoewel hierdie taal in etlike laerskole geleer word, lyk die oorlewingskans skraal in vergelyking met ander eilanddialekte.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Sölring
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?