For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Rosetta-ruimtetuig.

Rosetta-ruimtetuig

Die Rosetta-ruimtetuig
Foto van komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko soos op 17 Maart 2015 deur Rosetta geneem, ongeveer 82 km van die middelpunt van die komeet af.
Trajek van die Rosetta-ruimtetuig
                     Rosetta-tuig (van 1 tot 12)                      Komeetbaan                      Aarde se wentelbaan                      Mars se wentelbaan                      Jupiter se wentelbaan

Die Rosetta-ruimtetuig was ’n ruimtetuig van die Europese Ruimteagentskap met ’n landingstuig, Philae, aan boord. Dit is op 2 Maart 2004 gelanseer met die doel om ná ’n 10 jaar lange reis die komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko te bereik, daarom te wentel en die landingstuig te ontkoppel om daarop te land. Op 6 Augustus 2014 het die Rosetta, nadat dit 6,4 miljard kilometer afgelê het, uiteindelik sy bestemming bereik. In die proses het dit verskeie kere by die Aarde en Mars verbygeskuur om deur die slingervel-metode te versnel, sodat dit ’n snelheid soortgelyk aan die komeet s'n kon bereik.[1]

Die tuig is genoem na die Rosettasteen, ’n stele van Antieke Egipte met ’n verordening in drie skryfstelsels. Die landingstuig is genoem na die Philae-obelisk, wat ’n tweetalige inskripsie bevat in Grieks en Egiptiese hiërogliewe.

Philae

[wysig | wysig bron]

Die Rosetta se landingstuig, Philae, het op 9 November 2014 op die komeet neergestryk. Dit was ’n historiese gebeurtenis aangesien dit die eerste tuig is wat op ’n komeet geland het. Die Philae het twee spronge uitgevoer en die oppervlak dus drie keer in die proses getref. Die eerste sprong was ’n yslike sowat een kilometer hoog, want die komeet se aantrekkingskrag is so gering dat dit nie veel kos om daaraan te ontsnap nie.[2]

Gou was daar egter probleme toe besef is dat die Philae hom ná sy spronge op ’n plek onder ’n krans (of iewers) bevind waar daar bedroef min sonlig kom om sy batterye te herlaai. Daar is gewag om te kyk of die probleem op ’n manier omseil of te bowe gekom sou kon word. Die vooruitsigte het nie baie belowend gelyk nie, hoewel die klein snuffelaar net ná sy landing nog ’n stroom waardevolle inligting na die Aarde kon stuur. As sodanig is die landingsmaneuver as geslaag beskryf.[3]

Philae is wel ook ontwerp om ’n gat in die komeet te boor sodat die samestelling daarvan ontleed sou kon word. Sulke inligting sou vir wetenskaplikes baie waardevol gewees het om die ontstaan van die Aarde en die heelal beter te verstaan.[4] Sonder sonkrag in die Philae egter futloos.

Rosetta

[wysig | wysig bron]

Die reis met die Rosetta-omwentelingstuig het nietemin die hoofsending gebly. Dit het – in sy wentelbaan om Churyumov-Gerasimenko – die komeet van November 2014 tot Desember 2015 op sy reis om die Son vergesel. Dit het opnames gemaak van die veranderings wat die komeet ondergaan namate dit nader aan die Son beweeg en die Son se hitte daarop inwerk. Komete is konglomerate van ruimtepuin en ys wat soos "vuil sneeuballe" om die Son wentel in elliptiese bane wat hulle om die beurt baie ver en baie naby aan die Son bring. Dit is wanneer hulle naby aan die Son kom dat die ys begin verdamp en die damp baiemaal lang sterte vorm wat besonder skouspelagtig kan wees.

Omdat die komeet al hoe verder van die Son af beweeg in sy wentelbaan, sou die krag wat Rosetta se sonpanele opwek algaande te min geword het om die tuig doeltreffend te laat werk. Op 30 September 2016 is die Rosetta se sending beëindig deur dit in die Ma'at-streek van die komeet te laat land.[5][6]

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Video: Na tien jaar is ruimtetuig by komeet, Maroela Media, 6 Augustus 2014
  2. One giant bounce for mankind, Mail Online, 17 November 2014
  3. Philae: 'It's done what it went there to do', BBC News, 15 November 2014
  4. Tuig veilig op komeet, Maroela Media, 13 November 2014
  5. Aron, Jacob (30 September 2016). "Rosetta lands on 67P in grand finale to two year comet mission". New Scientist (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 1 Oktober 2016.
  6. Gannon, Megan (30 September 2016). "Goodbye, Rosetta! Spacecraft Crash-Lands on Comet in Epic Mission Finale". Space.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 1 Oktober 2016.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Rosetta-ruimtetuig
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?