For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Rolbal.

Rolbal

Twee rolballe lê met die witte voor hulle
Die rolbalspeler Ernst Wagner.
'n Hele aantal spelle word hier op 'n rolbalbaan gespeel.

Rolbal is 'n sport waar balle op 'n grasbaan gerol word. Die doel is om jou bal so naby as moontlik aan die kleiner doelbal, die "witte" ook die "jack" of "kitty" genoem, te rol. Vir elke bal wat nader as die teenstander se bal opeindig, kry jy 'n punt. Dit word individueel of in spanne van twee, drie of vier spelers elk gespeel. Dit word meestal buitekant op grasbane beoefen, hoewel dit in sekere stadions ook binnenshuis op natuurlike gras of 'n kunsoppervlak gespeel word.

Dit word deur sowel mans as vroue gespeel, en hoewel dit hoofsaaklik deur ouer mense beoefen word, stel al hoe meer jong mense teenswoordig ook daarin belang. In Suid-Afrika is rolbal baie gewild en die land het al van die wêreld se voorste spelers opgelewer.

Die spel rolbal word op 'n grasperk met 'n oppervlakte van 36,5 tot 38,5 m2 gespeel. Die grasperk is gewoonlik in 6 bane verdeel sodat 6 wedstryde tegelykertyd kan plaasvind. Die groot bruin of swart balle wat gebruik word, moet 'n deursnee van 12 tot 13 cm en 'n massa van 1,3 tot 1,6 kg hê. Aan die een kant van die balle is 'n massastuk ingevoeg sodat dit effens eenkant toe swaai wanneer dit gerol word.

'n Wedstryd begin deur 'n wit balletjie (die "witte") van die een kant van die baan na die ander kant te rol. Die deelnemers probeer dan vervolgens om die beurt om die groot balle op so 'n wyse oor die baan te rol dat dit so na as moontlik aan die witte gaan lê. Na afloop van elke speelbeurt kry 'n speler 'n punt vir elke bal wat nader aan die witte lê as enigeen van die van sy teenstander.

In enkelspelwedstryde rol elke speler 4 balle om die beurt en stap daarna na die oorkant om die telling te bereken en die volgende speelbeurt van daar af te begin. Die speler wat eerste 21 punte behaal, wen die wedstryd. By parespel wedstryde (2 spelers per span) rol elke speler 4 balle beurtelings en die span wat na 21 speelbeurte voorloop, wen.

Wedstryde vir vierspanne word net soos parespelle gespeel, maar elke speler rol net 2 balle per speelbeurt. Wedstryde vir driespanne word oor 18 speelbeurte beslis en elke speler rol 3 balle per speelbeurt.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Rolbal
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?