For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Rekenaarvisie.

Rekenaarvisie

Rekenaarvisietake sluit metodes in vir die verkryging, verwerking, ontleding en begrip van digitale beelde, en onttrekking van hoëdimensionele data uit die werklike wêreld om numeriese of simboliese inligting te produseer, bv. in die vorme van besluite.[1][2][3][4] Begrip in hierdie konteks beteken die transformasie van visuele beelde (die insette na die retina in die menslike analoog) in beskrywings van die wêreld wat sin maak vir denkprosesse en gepaste optrede kan ontlok. Hierdie beeldbegrip kan gesien word as die ontknoping van simboliese inligting uit beelddata met behulp van modelle wat met behulp van meetkunde, fisika, statistiek en leerteorie saamgestel is.

Die wetenskaplike dissipline van rekenaarvisie is gemoeid met die teorie agter kunsmatige stelsels wat inligting uit beelde onttrek. Die beelddata kan baie vorme aanneem, soos videoreekse, aansigte vanaf veelvuldige kameras, multidimensionele data vanaf 'n 3D-skandeerder, 3D-puntwolke van LiDaR-sensors, of mediese skanderingstoestelle. Die tegnologiese dissipline van rekenaarvisie poog om sy teorieë en modelle toe te pas op die konstruksie van rekenaarvisiestelsels.

Sub-domeine van rekenaarvisie sluit in toneelrekonstruksie, objekbespeuring, gebeurtenisbespeuring, aktiwiteitsherkenning, videonasporing, objekherkenning, 3D-posisieskatting, leer, indeksering, bewegingsskatting, visuele servoering, 3D-toneelmodellering en beeldherstel.

Die aanvaarding van rekenaarvisie-tegnologie kan vir organisasies moeisaam wees, aangesien daar geen enkele oplossing daarvoor is nie. Daar is baie min maatskappye wat 'n verenigde en verspreide platform of 'n bedryfstelsel verskaf waar rekenaarvisietoepassings maklik ontplooi en bestuur kan word.

Definisie

[wysig | wysig bron]

Rekenaarvisie is 'n interdissiplinêre veld wat fokus op hoe rekenaars gebruik kan word om hoëvlakbegrip van digitale beelde of video's te verkry. Vanuit die perspektief van ingenieurswese poog dit om take te outomatiseer wat die menslike visuele stelsel kan doen.[5][6] "Rekenaarvisie is gemoeid met die outomatiese onttrekking, ontleding en begrip van nuttige inligting uit 'n enkele beeld of 'n reeks beelde. Dit behels die ontwikkeling van 'n teoretiese en algoritmiese basis om outomatiese visuele begrip te bereik."[7] As 'n wetenskaplike dissipline, is rekenaarvisie is gemoeid met die teorie agter kunsmatige stelsels wat inligting uit beelde onttrek. Die beelddata kan baie vorme aanneem, soos videoreekse, aansigte vanaf veelvuldige kameras, of multidimensionele data vanaf 'n mediese skandeerder.[8] As 'n tegnologiese dissipline poog rekenaarvisie om sy teorieë en modelle toe te pas vir die konstruksie van rekenaarvisiestelsels.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Reinhard Klette (2014). Concise Computer Vision. Springer. ISBN 978-1-4471-6320-6.
  2. Linda G. Shapiro; George C. Stockman (2001). Computer Vision. Prentice Hall. ISBN 978-0-13-030796-5.
  3. Bernd Jähne; Horst Haußecker (2000). Computer Vision and Applications, A Guide for Students and Practitioners. Academic Press. ISBN 978-0-13-085198-7.
  4. Tim Morris (2004). Computer Vision and Image Processing. Palgrave Macmillan. ISBN 978-0-333-99451-1.
  5. Dana H. Ballard; Christopher M. Brown (1982). Computer Vision. Prentice Hall. ISBN 978-0-13-165316-0.
  6. Huang, T. (1996-11-19). "Computer Vision : Evolution And Promise" in 19th CERN School of Computing.: 21–25, CERN. doi:10.5170/CERN-1996-008.21. 
  7. http://www.bmva.org/visionoverview Geargiveer 16 Februarie 2017 op Wayback Machine The British Machine Vision Association and Society for Pattern Recognition, Besoek 20 Februarie 2017
  8. Murphy, Mike (13 April 2017). "Star Trek's "tricorder" medical scanner just got closer to becoming a reality". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2017. Besoek op 18 Julie 2017.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Rekenaarvisie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?