For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Rapa Nui-mitologie.

Rapa Nui-mitologie

Rapa Nui-mitologie, ook bekend as Pascuaanse of Paaseiland-mitologie, verwys na die plaaslike mites, legendes en gelowe van die Rapa Nui-volk van Paaseiland in die suidoostelike Stille Oseaan.

Oorspronklike mite

[wysig | wysig bron]
Die 15 staande moai by Ahu Tongariki.

Volgens die Rapa Nui-mitologie was Hotu Matu'a die legendariese eerste setlaar en ariki mau ("opperhoof" of "koning") van Paaseiland.[1] Hy en sy koloniseringsgeselskap, wat met twee kano's (of ’n dubbelrompkano) op die eiland aangekom het, was Polinesiërs van die onbekende land Hiva (dalk die Marquesas-eilande). Hulle het op Anakena-strand geland. Sy geselskap het oor die eiland versprei en dit verdeel tussen clans wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle afstammelinge van Hotu Matu'a se seuns was.

Hulle het langer as duisend jaar geïsoleerd gewoon op hul eiland aan die suidoospunt van die Polinesiese Driehoek, tot met die koms van die Nederlandse kaptein Jacob Roggeveen, die eerste Westerling wat die eiland in 1722 ontdek het.[2]

Kultus van voorouers

[wysig | wysig bron]

Die sigbaarste element van die kultuur was die maak en oprig van enorme standbeelde genaamd moai, wat vergoddelikte voorouers verteenwoordig het. Daar is geglo die lewendes het ’n simbiotiese verhouding met die afgestorwenes en dat laasgenoemde alles verskaf het wat die lewendes nodig het, soos gesondheid, vrugbaarheid, land en diere, geluk, ens. Die lewendes het weer die afgestorwenes deur offerandes ’n beter plek in die geesteryk gegee. Die meeste nedersettings was aan die kus geleë en die moai is daar opgerig om oor hul nakomelinge te waak, met hul rug gekeer na die geesteryk in die see.[3]

Voëlmankultus

[wysig | wysig bron]
Hoofartikel: Tangata manu.

Die Tangata manu- of voëlmankultus is waarskynlik ’n latere kultus wat ontstaan het toe oorloë uitgebreek en natuurlike hulpbronne afgeneem het. Die oprig van die standbeelde is toe gestaak.[4]

Die godheid Makemake was die hoofgod van die voëlmankultus. Die kultus het afgeneem nadat die eilandbewoners die Katolieke geloof aangeneem het. Tekens daarvan is egter steeds te sien in die versiering van die eiland se kerk.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Carlos Mordo, Easter Island (Willowdale, Ontario: Firefly Books Ltd., 2002)
  2. Steven L. Danver (22 Desember 2010). Popular Controversies in World History: Investigating History's Intriguing Questions. ABC-CLIO. pp. 223–224. ISBN 978-1-59884-077-3. Besoek op 10 Januarie 2012.
  3. Barbara A. West (2009). Encyclopedia of the peoples of Asia and Oceania. Infobase Publishing. pp. 683–684. ISBN 978-0-8160-7109-8. Besoek op 10 Januarie 2012.
  4. Phil Cousineau (1 Julie 2003). Once and Future Myths: The Power of Ancient Stories in Our Lives. Conari Press. pp. 181–182. ISBN 978-1-57324-864-8. Besoek op 12 Januarie 2012.
  5. Steven L. Danver (22 Desember 2010). Popular Controversies in World History: Investigating History's Intriguing Questions. ABC-CLIO. p. 225. ISBN 978-1-59884-077-3. Besoek op 10 Januarie 2012.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Rapa Nui-mitologie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?