For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Aksiale presessie.

Aksiale presessie

Die presessiebeweging van die Aarde. Die Aarde roteer (wit pyle) een keer per dag om sy rotasie-as (rooi). Hierdie as roteer self stadigaan (wit sirkel) en voltooi een kringloop elke sowat 26 000 jaar.
Die presessie-siklus van byna 26 000 jaar soos gesien vanaf ’n punt naby die Aarde. Die huidige noordelike poolster is Polaris (bo). Oor sowat 8 000 jaar sal dit die helder ster Deneb (links) wees, en oor sowat 12 000 jaar Vega (middel links). (Die Aarde se rotasie is nie volgens skaal nie.)

Aksiale presessie, meestal net presessie genoem, is ’n stadige en onafgebroke verandering in die oriëntasie van ’n hemelliggaam se rotasie-as wat deur swaartekrag veroorsaak word. Dit verwys veral na die geleidelike verskuiwing in die oriëntasie van die Aarde se rotasie-as, wat soos dié van ’n slingerende tol verskuif en ’n kringloop in sowat 26 000 jaar voltooi.[1] So ’n tydperk word in die sterrekunde ’n "Groot Jaar" genoem.

Uitwerking

[wysig | wysig bron]

Die presessie van die Aarde se as het ’n paar waarneembare uitwerkings. Een daarvan is dat dit lyk of die posisie van die noordelike en die suidelike hemelpool in sirkels beweeg teen die agtergrond van "vaste" sterre. (Die hemelpole is die Aarde se pole wat tot in die ruimte verleng word; dit roteer dus saam met die Aarde se pole.) So ’n sirkel neem 25 772 jaar om te voltooi.

Hoewel die huidige noordelike poolster dus Polaris is, sal dit mettertyd verander en ander sterre sal die noordelike poolster word.[2] Daar is nie tans ’n duidelike suidelike poolster nie, maar mettertyd sal presessie tot gevolg hê dat daar ook aan die suidelike sterrehemel ’n poolster is.

Saam met die hemelpole skuif die skynbare oriëntasie van die hele sterrehemel, soos gesien van ’n spesifieke punt op Aarde. Die koördinate van hemelliggame verander dus voortdurend. Daarom hou ’n voorwerp se lugkoördinate verband met die jaar van waarneming. Sterrekundiges dui die koördinate aan met verwysing na ’n spesifieke jaar, bekend as ’n epog. Koördinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar, of om ooreen te stem met ’n standaard-epog.[3] Die huidige standaard-epog is J2000, wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12:00 UTC.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Hohenkerk, C.Y., Yallop, B.D., Smith, C.A., & Sinclair, A.T. "Celestial Reference Systems" in Seidelmann, P.K. (red.) Explanatory Supplement to the Astronomical Almanac. Sausalito: University Science Books. bl. 99.
  2. Astro 101 – Precession of the Equinox, Western Washington University Planetarium, URL besoek op 30 Desember 2008
  3. Moulton, Forest Ray (1916). An Introduction to Astronomy. Macmillan Co., New York. pp. 125–126.; at Google books

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Kyk ook

[wysig | wysig bron]
  • Skroefdraad (Waarom sommige skroewe/boute geneig is om los te draai by roterende masjiene)
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Aksiale presessie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?