For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Pelasgers.

Pelasgers

'n Kaart van die eertydse woongebiede van die Pelasgers, soos dit deur antieke skrywers vermeld is. Volgens die Griekse mitologie was ene Pelasgos die voorvader van die Pelasgers, en hy sou volgens die antieke Grieke ook die eerste man wees.

Die benaming Pelasgers (Grieks: Πελασγοί, Pelasgoí, enkelvoud Πελασγός, Pelasgós) is deur sekere antieke Griekse skrywers gebruik om te verwys na bevolkings wat die Hellene in Griekeland voorafgegaan het, " 'n omvattende term vir enige antieke, primitiewe en vermoedelik inheemse mense van die Griekse wêreld."[1] Oor die algemeen het "Pelasger" die betekenis aangeneem van bykans al die inheemse bewoners van die Egeïese lande en hul kulture voor die opkoms van die Griekse taal.[2] Dit het nie 'n eksklusiewe betekenis nie, maar benodig spesifisering indien ander konnotasies daaraan geheg word. Tydens die klassieke periode, het enklawes wat so benoem word oorleef in verskeie liggings in die Griekse vasteland, Kreta en ander streke van die Egeïese See. Bevolkings wat as "Pelasgiaans" aangedui word, het 'n taal of tale gebesig, wat in hul eie tyd nie as Grieks beskou is deur die Grieke nie, selfs al is die Pelasgers deur sekere antieke skrywers voorgehou as Grieke. Ook, volgens 'n oorgelewerde tradisie, was groot dele van Griekeland eens Pelasgiaans, voor die Hellenisering daarvan. Hierdie gebiede val oorwegend binne die etniese streke wat teen die 5de eeu v.C. geag is as behorend aan antieke Griekse sprekers wat as Ioniërs aangedui is.

Die klassifikasie van die Pelasgerse taal (of tale), wat slegs bekend is weens die nie-Griekse elemente in antieke Grieks en onderskeibaar is in sekere plekname, hetsy een of meer Pelasgerse tale ter sprake is, en die verwantskap van Pelasgers met voorhistoriese Helleens, is veelbewoë vrae wat nog nie afdoende beantwoord is nie. Dié studierigting is gemik op bykomende getuienis wat die gapings mag aanvul. Baie teorieë is al voorgestel, met wisselende byval. Sekere daarvan bevat die vooroordele van eietydse nasionalistiese kwessies, wat afbreuk doen aan die objektiwiteit daarvan.[3]

Argeologiese opgrawings van die 20ste eeu het artefakte blootgelê in gebiede wat tradisioneel bewoon is deur die Pelasgers, soos Thessalië, Attika en Lemnos. Argeologiese ondersoeke by Sesklo en Dimini het Pelasgerse materiaal aan die lig gebring wat beskryf is as Laatsteentyds; andere sien die Pelasgerse materiaalkultuur as "Middelhelladies" of selfs as die "Laathelladiese" kultuur van Miceense Griekeland, waar die vondse van bondige inskripsies reeds aanduibaar in 'n vroeë Griekse vorm is. Selfs die konnotasies wat getref word tussen argeologiese materiaalgetuienis en linguistiese kultuur word bevraagteken deur Walter Pohl en ander moderne kenners van etnogenese.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Apollonius Rhodius (vertaal deur Peter Green). The Argonautika (Uitgebreide uitgawe). University of California Press, 2007, ISBN 0520253930, p. 223 (Kommentaar op I.987).
  2. "'n Lid van 'n volk wat tuis was in die landstreek van die Egeïese See voor die koms van die Grieke": "Pelasger". The American Heritage Dictionary of the English Language: Vierde uitgawe (in Engels). 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2009. Besoek op 15 Januarie 2008.
  3. Smith, Anthony D. Nationalism: Theory, Ideology, History. Wiley-Blackwell, 2001, p. 82, ISBN 0745626599. "Buitendien, sou dit werklik van belang wees vir die vorming van nasies? Objektiewe geskiedkundigheid mag op die langduur belangrik wees, maar vir die grote gros van die bevolking moet 'n meedeling oor net soveel gevoelvolle 'resonansie' beskik, as 'feite-inhoud'."
  4. Pohl, "Aux origines d'une Europe ethnique. Transformations d'identités entre Antiquité et Moyen Age". Annales HSS 60 (2005): 183-208, en Pohl, "Konsepsies van Etnisiteit in Vroeë Middeleeuse Studies" Debatering van die Middeleeue: Kwessies en Lesings, Lester K. Little en Barbara H. Rosenwein, red. (Blackwell), 1998, pp. 13-24. (Aanlyn teks).

Sien ook

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Pelasgers
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?