For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Oudnederfrankies.

Oudnederfrankies

Met Oudnederfrankies of Oudnederlands word verwys na die Frankiese streekstale wat vanaf die vyfde tot en met die elfde eeu in 'n groot deel van Nederland en België, die westelike deel van Noord-Frankryk en in die huidige Duitsland se Rynland en Westfalen gepraat is. Dié Germaanse dialek het uit twee hoofdialekte bestaan: Oudoosnederfrankies en Oudwesnederfrankies.

Die oudste oorgelewerde Oudnederfrankies word gevind in die Lex Salica. In 1996 is egter in 'n akker in Bergakker (Betuwe) 'n swaardskede gevind waarop 'n nog ouer oudnederfrankies vermeld is: die Inskripsie van Bergakker. Hierdie Oudnederlands in runegeskrif is egter beperk en kan maar gedeeltelik vertaal of gelees word.

Oudnederlands steun sowel op die Oudoos- as Wesnederfrankies. Ook die Oudnederlands se voortgespruite Middelnederlands het op beide hoofdialekte gesteun. Volgens geleerdes was daar dan ook geen groot wesenlike verskil tussen die twee nie. Uit Middelnederlands het daar vervolgens Nieu-Nederlands ontwikkel. Dit het egter 'n meer westelike skakering as gevolg van die invloed van die Brabantse en Hollandse dialekte gehad.

Taalgebied

[wysig | wysig bron]
Oudnederlandse taalgebied (by benadering en onvolledig)

Die gebied waarin Oudnederlands gepraat is, is nie heeltemal die gebied waarin die huidige Nederlands gepraat word nie.

In die huidige provinsies Groningen en Friesland en langs die kus van Holland word Fries gepraat, of altans ingvaeoonse dialekte. Aan die ooste (Achterhoek, Overijssel, Drenthe) word Saksies (Oudnederduits) gepraat.

Aan die suide en suidooste was die destydse taalgebied groter as vandag. Frans-Vlaandere en die Nederrynse gebied tussen Limburg en Westfalen (Kleef, Berg en Gulik) val toe ook onder die Oudnederlandse taalgebied.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Oudnederfrankies
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?