For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Ossewabrandwag.

Ossewabrandwag

Embleem van die Ossewabrandwag
Dr. Hans van Rensburg (staande, derde van links) en lede van die Ossewabrandwag se Transvaalse beheerraad. Voor: N.J.R. Roets, J.P.S. Rossouw, M.S.F. Grobler, P. Bothma, G.J. Puren. Staande: Onbekend, Louis Botha, Hans van Rensburg, onbekend, M.C. Eloff, adv. J.D. Jerling, Hendrik Neethling, onbekend, onbekend, ds. S.J. Stander (van Hartebeestfontein), kapt. Henri Slegtkamp (van Spioenkop), G. Opperman.
Die Gemaskerde Wonder, die rofstoeier Johannes van der Walt, was 'n hoofgeneraal in die OB.

Die Ossewabrandwag (afgekort as OB) was 'n nasionalistiese Afrikaner-organisasie in Suid-Afrika wat in die konsistorie van die Tweetoringkerk in Bloemfontein op 4 Februarie 1939 gestig is[1] met dr. J.F.J. (Hans) van Rensburg aan die stuur daarvan. Dit is gestig met die doel om groeiende Afrikanernasionalisme te verteenwoordig wat versterk is deur die simboliese Trek van 1938 ter eeufeesviering van die Groot Trek.[2] Die OB het noue bande gehad met dr. D.F. Malan se Herenigde Nasionale Party en die Afrikaner Broederbond en het spoedig ontwikkel van 'n kulturele organisasie na 'n hoogs gemotiveerde politieke stem. Teen 1941 het die organisasie reeds ongeveer 350 000 lede gehad.[2]

Die Ossewabrandwag het Suid-Afrikaanse deelname aan die Tweede Wêreldoorlog aan die kant van die Verenigde Koninkryk teengestaan weens die Boere se stryd teen die einste Britte in die Eerste- (1880-1881) en Tweede Vryheidsoorloë (1899-1902). Die OB was ook van mening dat die Duitser nie die vyand van die Afrikaner is nie.[1] 'n Meer aktiewe groep nl. die Stormjaers is as integrale deel van die OB gestig. Baie lede van die OB is deur die loop van die Tweede Wêreldoorlog geïnterneer nadat dade van sabotasie gepleeg is om te verhoed dat Suid-Afrika aan die kant van Brittanje moes veg. In die interneringskamp te Koffiefontein het die latere Eerste Minister en President, John Vorster, bevriend geraak met generaal Hendrik van den Berg, latere hoof van die Buro vir Staatsveiligheid.

In September 1942 is die OB deur generaal Jan Smuts verbied en het die organisasie ondergronds gegaan. Daar is geen aanduiding beskikbaar dat die OB formeel ontbind het nie, maar voor 1960 het die organisasie reeds ophou bestaan as 'n samehangende organisasie.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Terblanche, H.O.: John Vorster - OB-generaal en Afrikanervegeter. Roodepoort: CUM-boeke, 1983. ISBN 0-86984-413-X

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Die Ossewabrandwag". Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 21 September 2005. Besoek op 28 April 2010.
  2. 2,0 2,1 "Ossewabrandwag" (html) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2016. Besoek op 28 April 2010.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Ossewabrandwag
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?