For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Osjakan.

Osjakan

Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.

Osjakan
Օշական

 Land Armenië
 Koördinate 41°18′N 44°18′O / 41.300°N 44.300°O / 41.300; 44.300
 Stigting
 Oppervlak:  
 - Totaal 16,96 vk km
 Hoogte bo seevlak m
 Bevolking:  
 - Totaal (2008) 5 179
 - Bevolkingsdigtheid 305,4/vk km
 Tydsone UTC +4
 - Somertyd UTC +5
 Burgemeester
 Amptelike webwerf http://oshakan.am/ Geargiveer 28 Junie 2012 op Wayback Machine

Osjakan (Armeens: Օշական, internasionale transkripsie: Oshakan) is 'n nedersetting in die Armeense provinsie (marz) Aragatsotn, sowat 8 kiliometer suid-wes van Artasjak, met 'n oppervlakte van 16,96 km² en 'n bevolking van 5 179. Dit is een van die bekendste dorpe in Armenië asook 'n belangrike pelgrimsoord vir Armeens-Apostoliese Christene. Hier het die geleerde Mesrop Masjtots, die skepper van die Armeense alfabet, sy laaste rusplek gevind.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Die grafkerk van Sint Mesrop Masjtots

In die tyd van die Arsakide-dinastie, een van die invloedrykste families in die antieke Koninkryk Armenië, het Osjakan as die hoofstad van die provinsie Ayrarat en sy Aragatsotn-distrik gefungeer.

Die dorp word egter veral met Sint Mesrop Masjtots verbind wat hier in 440 ter ruste gelê is. Osjakan was die woonplek van vors Vahan Amatoeni, Sint Mesrop se beste vriend, wat sy begrafnis gereël het. Aanvanklik is 'n klein kapel oor die graf opgerig wat in die 1875 deur Katholikos Joris IV deur 'n eenskepige kerkgebou vervang is. Die muurskilderye in die binneruimte met tonele van Sint Mesrop se lewe en tradisionele Armeense motiewe is in 1960 deur die kunstenaar H. Minasian geskep.

Rondom die grafkerk, wat steeds die sentrum van Osjakan vorm, het gaandeweg gebouekomplekse asook 'n klein universiteit ontstaan. Die Armeense argitek Torosian het in 1962 'n obelisk ter ere van Sint Mesrop Masjtots in die vorm van 'n oopgeslane boek by die dorpsingang geskep.

Argeologiese opgrawings

[wysig | wysig bron]

In Osjakan en sy omgewing is grafte en geboue ontdek wat nog ouer as die Armeense alfabet is. Een van die belangrikste argeologiese vindplekke in Armenië is op die Didikond-heuwel in die suide van dorpsgebied geleë. Hier is die bouvalle van 'n Urarteïese vesting uit die 7de en 6de eeu v.C. ontdek, asook begrafnisplekke waarvan die oudstes uit die vroeë Ystertydperk in die 11de eeu v.C. dateer.

Die argeologiese vondse uit Osjakan, waaronder bronsstandbeelde en kleurryke keramiek, word tans in musea in die hoofstad Jerewan vertoon.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Osjakan
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?