For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Oosters-Katolieke Kerke.

Oosters-Katolieke Kerke

Oosters-Katolieke kerke in (van bo) Oekraïne, Armenië, Indië en Eritrea.

Die Oosters-Katolieke Kerke of Oriëntaal-Katolieke Kerke, of bloot die Oosterse Kerke, is 23 Oosters-Christelike outonome kerke van die Katolieke Kerk wat in gemeenskap is met mekaar en met die Latynse Kerk (ook bekend as die "Westerse Kerk").

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die meeste van die Oosters-Katolieke Kerke is groepe wat op verskillende tye in die verlede tot die Oosters-Ortodokse Kerk, die Oriëntaal-Ortodokse Kerke en die historiese Kerk van die Ooste behoort het, maar teruggekeer het na gemeenskap met Rome vanweë politieke en kulturele omstandighede wat die kerke se betrekkinge beïnvloed het. Die vyf liturgiese tradisies van die 23 Oosters-Katolieke Kerke is die Aleksandriese, Armeense, Bisantynse, Oos-Siriese en Wes-Siriese Rite en dit word gedeel met ander Oosters-Christelike kerke.[1] Die Katolieke Kerk bestaan dus uit ses liturgiese rites: die vorige vyf van die Oosters-Katolieke Kerke en die Latynse Rite van die Latynse Kerk.[2]

Aan die hoof van die Oosters-Katolieke Kerke is patriarge, metropolitane en aartsbiskoppe. Hulle volg die kerkwette van die Oosterse Kerke, hoewel elke kerk daarbenewens sy eie wette volg en sy eie tradisies handhaaf. Die totale lidmaatskap van die verskeie kerke is sowat 18 miljoen, volgens die Annuario Pontificio (die jaarlikse direktorium van die Katolieke Kerk). Dit is sowat 1,5% van die lidmate van die Katolieke Kerk, terwyl die ander meer as 1,3 miljard lidmate tot die Latynse Kerk behoort.

Die Maronitiese Kerk word algemeen beskou as die enigste Oosters-Katolieke kerk wat altyd in volle gemeenskap met Rome was, terwyl die meeste ander kerke van die 16de eeu af verenig het.

Oosters-Katolieke Kerke het hulle oorsprong in die Midde-Ooste, Noord-Afrika, Oos-Afrika, Oos-Europa en Suid-Indië. Sedert die 19de eeu het die diaspora egter na Wes-Europa, die Amerikas en Oseanië versprei, deels vanweë vervolging.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Yurkus, Kevin (Augustus 2005). "The Other Catholics: A Short Guide to the Eastern Catholic Churches". Besoek op 3 Oktober 2019. ((cite journal)): Cite journal requires |journal= (hulp)
  2. LaBanca, Nicholas (Januarie 2019). "The Other Catholics: A Short Guide to the Eastern Catholic Churches-The Other 23 Catholic Churches and Why They Exist". Ascension Press. Besoek op 4 Oktober 2019. ((cite journal)): Cite journal requires |journal= (hulp)

Skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Oosters-Katolieke Kerke
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?