For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Onderwys.

Onderwys

Skoolmeisies sit in 'n klas onder 'n boom se skaduwee in Bamozai, Afghanistan.

Onderwys omsluit die onderrig en aanleer van spesifieke vaardighede asook ander minder tasbare maar moontlik meer ingrypend die oordrag van kennis, positiewe oordeel en goed ontwikkelde wysheid. Een van die grondliggende aspekte van onderwys is die oordrag van kultuur van geslag tot geslag. Onderwys fasiliteer die verwesenliking van selfpotensiaal en verborge talente van 'n indiwidu. Dit is 'n toepassing van pedagogie, 'n vak wat betrekking het op die teoretiese- en toegepaste navorsing wat verband hou met leer en onderrig en staatmaak op ander dissiplines soos sielkunde, filosofie, rekenaarwetenskap, taalkunde, sosiologie en antropologie.[1]

Onderwysstelsel

[wysig | wysig bron]
'n Klaskamer by 'n kleuterskool in Afghanistan.

Onderwys en onderrig vind plaas wanneer 'n gemeenskap, 'n groep of 'n indiwidu 'n kurrikulum saamstel om mense te onderrig, gewoonlik jongmense. Onderrig kan sistematies en deeglik geskied. Soms kan onderwysstelsel gebruik word om bo en behalwe kennis ook ideologieë of ideale te bevorder, wat tot die misbruik van 'n stelsel kan lei. Daar is 'n noue verband tussen "onderwys" en die wetenskaplike vakgebied van opvoedkunde.

Primêre Onderwys

[wysig | wysig bron]
Onderrig by die Fakulteit Biomediese Ingenieurswese aan die Tsjeggiese Tegniese Universiteit in Praag.
Jan Steen (1672)

Primêre of laer-onderwys bestaan uit die eerste jare van formele, gestruktureerde onderwys tydens die kinderjare. In die meeste lande is primêre onderwys verpligtend (hoewel sekere lande tuisonderrig toelaat). Primêre onderwys begin normaalweg wanneer kinders tussen die ouderdom van vier tot agt jaar. Die verdeling tussen primêre en sekondêre onderwys is ietwat arbitrêr, maar vind oor die algemeen rondom die ouderdom van elf tot twaalf jaar plaas; sommige onderwysstelsels het 'n afsonderlike middelskool wat die oorgang vorm van primêre tot sekondêre onderwys, gewoonlik tot die ouderdom van veertien jaar.

Sekondêre onderwys

[wysig | wysig bron]

Teenswoordig bestaan sekondêre onderwys in die meeste onderwysstelsels van die wêreld uit die tweede fase van formele onderwys wat tydens adolesensie plaasvind. Dit word gekenmerk deur die oorgang van die gewoonlik verpligtende onderwys vir minderjariges na die opsionele, selektiewe tersiêre onderwys of hoëronderwys (bv. universiteite en beroepsopleidingskole vir volwassenes). Die skeiding tussen primêre en sekondêre onderwys verskil van land tot land en soms selfs binne die grense van 'n land, maar die skeiding vind gewoonlik plaas rondom die aanvang van die tienerjare. Die doel van sekondêre onderwys is gewoonlik daarop gemik om voldoende algemene kennis te vestig ter voorbereiding van hoëronderwys of beroepsopleiding.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "'n Oorsig van onderwys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2017. Besoek op 29 Julie 2007.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Onderwys
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?