For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Olimpiese Somerspele 1976.

Olimpiese Somerspele 1976

Spele van die XXIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1976

Gehou in Montreal, Kanada
Deelnemende lande 92 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 6 084 (4 824 mans, 1 260 vroue)[1]
Items 198 in 21 sporte[2]
Openingseremonie 17 Julie 1976
Sluitingseremonie 1 Augustus 1976
Amptelik geopen deur Koningin Elizabeth II[3]
Atlete-eed Pierre Saint-Jean (gewigoptel)
Beampte-eed Maurice Forget (atletiek)
Olimpiese vlam Stéphane Préfontaine
en Sandra Henderson
Vorige Spele 1972: München (Wes-Duitsland)
Volgende Spele 1980: Moskou (Sowjetunie)

Die Olimpiese Somerspele 1976 (Engels: 1976 Summer Olympics, Frans: Les XXIes olympiques d'été), amptelik bekend as die Spele van die XXIste Olimpiade, is tussen 17 Julie en 1 Augustus 1976 in Montreal, Kanada, aangebied. Ander stede, wat as kandidate vir die organisering van die Spele aangewys is, was Moskou en Los Angeles. Moskou was die gunsteling, maar desondanks het die Internasionale Olimpiese Komitee in 1969 in Amsterdam besluit om die Spele aan Montreal toe te ken, nadat die destydse burgemeester, Jean Drapeau, beloof het om "eenvoudige Spele" te organiseer.

Die Olimpiese Stadion in Montreal

Dit is die eerste en tot dusver enigste Olimpiese Somerspele wat Kanada aangebied het. Dié land sal later nog die Olimpiese Winterspele van 1988 en 2010 aanbied. As die enigste gasheer van Olimpiese Somerspele het Kanada sonder Olimpiese oorwinning gebly.

22 Afrikalande (en sommige ander) het die Spele weens Nieu-Seeland se deelname geboikot nadat die All Blacks in 1976 Suid-Afrika onder Apartheid besoek en teen die Springbokke 'n wedstryd beslis het en sodoende die internasionale verbanning van Suid-Afrika gebrek het.

Die Olimpiese Winterspele 1976 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1976 is tussen 3 en 11 Augustus in Toronto gehou.

Toewysing

Jean Doré, president van die Kanadese reëlingskomitee
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1976 in Montreal

Montreal is op 12 Mei 1970 in Amsterdam deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1976. Ander kandidate was: Moskou en Los Angeles. Moskou sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 1980 en Los Angeles vir die daaropvolgende Olimpiese Somerspele 1984 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1976[4]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
Montreal Vlag van Kanada Kanada 25 41
Moskou Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 28 28
Los Angeles Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 17

Sporte

21 Olimpiese sportsoorte in 198 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 198 goue medaljes oorhandig.

Stadions

27 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1976 gebruik:

Olimpiese Park

Die Olimpiese stadion langs die Montreal Botaniese Tuin
Die Velodrome (voorgrond) en die Olimpiese stadion in Montreal
Die Olimpiese Dorp in Montreal
In die Olimpiese Velodrom is die baanfietsrywedstryde beslis
In die Olimpiese swembad is die watersportwedstryde aangebied
Stadion Sporte Kapasiteit
Centre Pierre Charbonneau Stoei 2 700
Maurice Richard Arena Boks, Stoei 4 750
Montreal Botaniese tuin Atletiek (20 km-loop), Moderne vyfkamp (hardloop) Nie gelys nie
Olimpiese swembad Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo (eindstryd) 10 000
Olimpiese Stadion Montreal Atletiek, seremonies (opening/sluiting), Ruitersport (springspaneindstryd), Sokker (eindstryd) 70 000
Olimpiese Velodrome Fietsry (baan), Judo 2 600

Groter Montreal

Stadion Sporte Kapasiteit
Centre Étienne Desmarteau Basketbal (groepuitdunne) 2 200
Complexe sportif Claude-Robillard Handbal, Waterpolo 2 755 (Waterpolo)
4 721 (Handbal)
Notre Dame-eiland Kanovaart, Roei 27 000
Molsonstadion, McGill-universiteit Veldhokkie 19 500
Montreal Forum Basketbal (eindstryd), Boks (eindstryd), Gimnastiek, Handbal (eindstryd), Vlugbal (eindstryd) 18 000
Mont Royal Park Fietsry (individuele padwedloop) 4 400
Paul Sauvé Arena Vlugbal (groepuitdunne) 4 000
Quebec Autoroute 40 Fietsry (padspan tydtoets) Nie gelys nie
St. Michel Arena Gewigoptel 2 000
Strate van Montreal Atletiek (maraton) Nie gelys nie
Winterstadion, Universiteit van Montreal Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) 2 461

Sokkerstadions

Stadion Sporte Kapasiteit
Lansdowne Park (Ottawa) Sokker 30 000
Sherbrooke-stadion (Sherbrooke) Sokker 10 000
Varsity-stadion (Toronto) Sokker 21 739

Handbalstadions

Stadion Sporte Kapasiteit
Pavilion de l'éducation physique et des sports de l'Université Laval (Quebecstad) Handbal 3 732
Sherbrooke Sportpaleis (Sherbrooke) Handbal 4 400

Ander sportplekke

Stadion Sporte Kapasiteit
Olimpiese Boogskietveld (Joliette) Boogskiet 2 000
Olimpiese Ruitersentrum (Bromont) Ruitersport (alle gebeure behalwe vir die springspan-eindstryd), Moderne vyfkamp (perdry) 35 000
Olimpiese Skietbaan (L'Acadie) Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet 1 000
Portsmouth Olimpiese hawe (Kingston) Seilvaart Nie gelys nie

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Datum Julie Augustus
17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
26
Ma
27
Di
28
Wo
29
Do
30
Vr
31
Sa
1
So
Atletiek 2 3 4 6 5 5 4 8
Basketbal 1 1
Boks 11
Boogskiet 2
Fietsry 1 1 1 2 1
Gewigoptel 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Gimnastiek 1 1 2 4 6
Handbal 2
Judo 1 1 1 1 1 1
Kanovaart 6 5
Moderne vyfkamp 2
Roei 6 8
Ruitersport 1 1 1 1 1
Seilvaart 5 1
Sierduik 1 1 1 1
Skermsport 1 1 1 1 1 1 1 1
Skyfskiet 1 1 1 1 2 1
Sokker 1
Stoei 10 10
Swem 2 4 3 4 4 4 5
Veldhokkie 1
Vlugbal 2
Waterpolo 1
Totaal 0 4 7 8 9 14 11 26 21 10 12 11 8 17 36 1
Seremonies OS SS
Datum 17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
26
Ma
27
Di
28
Wo
29
Do
30
Vr
31
Sa
1
So
Julie Augustus

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 1976:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Montreal
Kaart van die Olimpiese boikotte van 1976, 1980 en 1984

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie (URS) 412 49 41 35 125
2 Flag of the German Democratic Republic Oos-Duitsland (GDR) 274 40 25 25 90
3 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA) 403 34 35 25 94
4 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (FRG) 289 10 12 17 39
5 Vlag van Japan Japan (JPN) 215 9 6 10 25
6 Vlag van Pole Pole (POL) 224 7 6 13 26
7 Vlag van Bulgarye Bulgarye (BUL) 160 6 9 7 22
8 Vlag van Kuba Kuba (CUB) 150 6 4 3 13
9 Vlag van Roemenië Roemenië (ROU) 157 4 9 14 27
10 Vlag van Hongarye Hongarye (HUN) 183 4 5 13 22
27 Vlag van Kanada Kanada (CAN) 391 0 5 6 11

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  4. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 5 Maart 2018.

Bronne

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 3. Mexiko Stadt 1968 – Los Angeles 1984. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00741-5.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Olimpiese Somerspele 1976
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?