Noord-Transvaal
Die Noord-Transvaal was 'n groot geografiese gebied in die voormalige Transvaalprovinsie van Suid-Afrika.
Die naam is sedert die demokratisering van Suid-Afrika in 1994 stelselmatig uitgefaseer, ten gunste van Limpopo (geografies) en Noord-Gauteng (sport). Verskeie amateursportspanne staan dus nou bekend as Noord-Gauteng, bv. die Noord-Gautengse tennisspan.
Die trots van Pretoria, die Noord-Transvaalse rugbyunie, staan sedert 1996 bekend as die Blou Bulle.
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.