For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Mier-newel.

Mier-newel

Mier-newel
Sterrebeeld Winkelhaak
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 16h 17m 13.392s[1]
Deklinasie -51° 59′ 10.31″[1]
Skynmagnitude (m) 13,8[2]
Absolute magnitude (M) 1,8
Besonderhede
Afstand (ligjaar) ~8 000
Skynbare grootte 50 boogminute
Ander name
Mz 3 (Menzel 3), ESO 225-9[1]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Mier-newel, of Mz 3 (Menzel 3), is ’n jong, bipolêre planetêre newel in die sterrebeeld Winkelhaak. Dit bestaan uit ’n helder kern met twee lobbe, elk bestaande uit drie kleiner lobbe.[3] Dit is sowat 8 000 ligjare van die Aarde af en het ’n skynbare magnitude van 13,8. Dit is in 1922 deur Donald Howard Menzel ontdek.[4]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Die newel se lobbe het almal dieselfde simmetrie-as, maar verskillende vorms en hoeke.[3] Sommige navorsers glo daar is ’n simbiotiese dubbelster in die middel.[5] Studies toon die digte gas in die middel het dalk ’n ander bron as die uitgespreide lobbe.[5] Daar word geglo die sterre in die newel is ’n reusester wat die digte gasstreek in die middel vorm en ’n witdwerg wat ioniserende fotone verskaf vir die newel.[5]

Die Mier-newel sit uit teen ’n spoed van 50 km/s. Dit word dikwels met die meer bekende Vlinder-newel (M 2-9) vergelyk, en hulle het moontlik dieselfde evolusiegeskiedenis. Hulle het albei puntige, helder kerns, ’n nou stofgordel in die middel en opvallende eenderse lobbe.

Die grootste verskil tussen die twee newels is hul naby-infrarooistraling. Die Mier-newel het geen spoor van molekulêre waterstofemissies nie, terwyl M 2-9 prominente H2-emissielyne in die naby-infrarooi het. Die gebrek aan H2-emissies in die Mier-newel is buitengewoon as die sterk verhouding tussen sulke emissies en die bipolêre struktuur van planetêre newels in ag geneem word. Die lobbe van dié newel is ook meer gespikkel en ronder as dié van M 2-9.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 SIMBAD 2006
  2. Gottlieb & Wallace 2005
  3. 3,0 3,1 Guerrero, Chu & Miranda 2004
  4. Smith, Nathan (2003), "Spatial distribution of near-infrared and optical emission properties in the bipolar nebula Menzel 3", Monthly Notice of the Royal Astronomical Society 342 (2): 383–398, doi:10.1046/j.1365-8711.2003.06557.x, Bibcode2003MNRAS.342..383S 
  5. 5,0 5,1 5,2 * Zhang, Y.; Liu, X.-W. (2006), Ian F. Corbett., ed., "The Fe/Ni ratio in the Ant Nebula Mz 3", Proceedings of the International Astronomical Union, Planetary Nebulae in our Galaxy and Beyond, Proceedings of the International Astronomical Union, Symposium #234 (Cambridge, MA: Cambridge University Press) 2 (S234): 547–548, doi:10.1017/S1743921306004170, Bibcode2006IAUS..234..547Z 

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Koördinate: Sky map 16h 17m 13.35s, −51° 59′ 10.4″

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Mier-newel
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?