For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Mutare.

Mutare

Mutare

(vroeër Umtali)
Mutare se middestad in 2001.
Mutare se middestad in 2001.
Vlag van Mutare
Vlag
Byname: 
Gateway to the Eastern Highlands, Zimbabwe's Gateway to the Sea
Leuse(s): 
"Justice and Freedom"
Mutare is in Zimbabwe
Mutare
Mutare
Koördinate: 18°58′0″S 32°38′0″O / 18.96667°S 32.63333°O / -18.96667; 32.63333
LandVlag van Zimbabwe Zimbabwe
ProvinsieManicaland
Stigting1897
Regering
 • BurgemeesterBrian James
Hoogte
1 120 m (3 670 ft)
Bevolking
 • Totaal170 106
TydsoneUTC+2 (SAT)

Mutare (tot omstreeks 1982 Umtali) is die derde grootste stad in Zimbabwe naas Harare en Bulawayo. Die geraamde bevolking was 193 629 in 2007. Dit is die hoofstad van die provinsie Manikaland. Umtali was die Sjangaan-vorm van die huidige Mutare.

Toe Cecil John Rhodes die eerste keer die latere Zimbabwe besoek het, het hy vanaf Beira met die enigste toe bestaande spoor gereis, oor 'n bergreeks tussen Mosambiek en Zimbabwe en neergedaal in die vallei van die Mutarerivier. Daar het hy meer as 160 opkomende myne gesien, bewys vir hom van ongekende mineralerykdom in 'n land wat hy as die hedendaagse El Dorado beskou het. Selfs die naam, wat in 'n inheemse taal "rivier van erts" beteken, was 'n aanduiding van die vroeëre ontginning van minerale hier.

Die dorp verskuif

Die eerste dorpie met die naam was van korte duur. Skaars vyf jaar na die stigting is die inwoners meegedeel die smalspoorlyn vanaf Beira sou nie oor die berge tot op Umtali kon kom nie. Daar was 'n meer natuurlike deurgang 18 km suid, en daarom het Cecil John Rhodes voorgestel as die spoorlyn nie na die dorp toe kon kom nie, moes die dorp na die spoorlyn toe kom. Hy het aangebied om 'n nuwe dorpie aan te lê en het erwe aan almal aangebied wat uit die ou Umtali moes trek. Hy het hulle ook vergoeding vir die verhuising betaal. Die nuwe Umtali is in 1896 geskep en die oue aan die bosveld se genade oorgelaat.

Die nuwe ligging tussen granietberge is so asemrowend dat Mutare vandag as een van die mooiste geleë stede in Suider-Afrika beskou word. Die landmeter, Rhys Fairbridge, het wye strate, 'n ruim park en 'n perseel vir 'n aandelebeurs en resiesbaan beplan. Umtali het op 1 Oktober 1971 stadstatus verkry.

Bronne

  • Mayhew, Vic (red.), Reader’s Digest Illustrated Guide to Southern Africa, The Reader’s Digest Association South Africa (Pty.) Limited, Kaapstad, 1980.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Mutare
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?