For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Mumbai.

Mumbai

Mumbai
मुंबई

Kaart Wapen
Distrikte
 Land Vlag van Indië Indië
 Deelstaat Maharashtra
 Koördinate 18°58′N 72°50′O / 18.967°N 72.833°O / 18.967; 72.833
 Stigting 1507
 Oppervlakte:  
 - Totaal 603 vk km
 Hoogte bo seevlak 14 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 12 442 373
 - Bevolkingsdigtheid 21 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied 18 414 288
 Tydsone UTC+05:30
 Burgemeester Vishwanath
Mahadeshwar (Shiv Sena)
 Amptelike webwerf mcgm.gov.in

Mumbai of Moembai (Marathi: मुंबई Mumbaī [ˈmumbəi], tot 1996 Bombaai) is die hoofstad van die Indiese deelstaat Maharashtra en die Indiese subkontinent se belangrikste seehawe. Met 'n bevolking van 12,5 miljoen in die stadsgebied (volgens die laaste sensus van 2011 en sonder periferiese voorstede) is Mumbai die grootste stedelike nedersetting in Indië en een van die bevolkingrykste metropole ter wêreld. Die Metropolitaanse Gebied van Mumbai (Mumbai Metropolitan Region, MMR) sluit digbevolkte gebiede in die noorde en die stad Thane in, met 'n totale bevolking van 28,4 miljoen.

Mumbai in 1888

Die stadsgebied is op die eiland Salsette langs die weskus van Maharashtra geleë. Die historiese middestad is op 'n smal landstrook geleë wat vanuit die moerasgebiede in die Arabiese See strek. Hier word 'n ryk argitektoniese erfenis aangetref met 'n kenmerkende plaaslike variant van historisme. Hierdie boustyl kombineer Britse invloede met 'n Britse interpretasie van die inheemse Mogoel-boukuns.

Mumbai is die ekonomiese spilpunt van Indië asook 'n belangrike vervoerspilpunt. In Mumbai se diep natuurlike hawe word meer as die helfte van Indië se passasiersvervoer hanteer. Die stad is daarnaas 'n eersteerangse kulturele en opvoedkundige sentrum met universiteite, teaters, musea en kunsgalerye.

Geskiedenis

Naam

Die Taj Mahal Palace Hotel, voltooi in 1903, is 'n voorbeeld van koloniale Indo-Saraseense boukuns

Die naam Mumbai is afgelei van Mumba of Maha-Amba – die naam van die Koli-godin Mumbadevi – en ai, wat "moeder" in Marathi beteken.[1]

Die naam Mumbai het sy oorsprong in die 16de eeu, toe die Portugese die naam aan die stad gegee het. In die 17de eeu het die Engelse Mumbai beset en dit Bombay (Afrikaans: Bombaai) begin noem omdat dit makliker was om uit te spreek. In 1995 is dit terug verander na Mumbai, soos Indiërs dit nog altyd uitgespreek het.

Toerisme

Mumbai is die enigste Indiese stad wat drie Unesco-wêrelderfenisgebiede huisves: Die Olifantgrotte (1987[2]), die Chhatrapati Shivaji Terminus spoorwegstasie (2004[3]) asook die Victoriaanse en Art Deco-ensemble (2018[4]).

Sport

Mumbai beskik met Brabourne-stadion, Wankhedestadion en Bombay Gymkhanaveld oor drie toetskrieketstadions. In die stad speel die Indiese nasionale krieketspan van sy tuiswedstryde. Op die Wankhedestadion is onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996, 2011 en 2023, asook die Kampioenetrofee 2006 en die T20I-wêreldbeker 2016, aangebied.

Verwysings

  1. (en) Bapat, Jyotsna (2005). Development projects and critical theory of environment. SAGE. p. 6. ISBN 978-0-7619-3357-1.
  2. (en) "Elephanta Caves". Unesco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 9 Julie 2018.
  3. (en) "Chhatrapati Shivaji Terminus (formerly Victoria Terminus)". Unesco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 9 Julie 2018.
  4. (en) "Victorian Gothic and Art Deco Ensembles of Mumbai". Unesco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 9 Julie 2018.

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Mumbai
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?