For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Morné Coetzer.

Morné Coetzer

Morné Coetzer
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
'n Ou foto van Morné Coetzer.

Geboorte 1943
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur, omroeper

Morné Coetzer is 'n Afrikaanse akteur, radio-omroeper, televisieregisseur en skrywer.

Lewe en werk

[wysig | wysig bron]

Coetzer is in 1943 in Johannesburg gebore as die seun van die bekende akteurspaar Morné Coetzer en Sann de Lange. Hy word self akteur en later radio- en televisie-aanbieder. Die eerste paar jaar van sy lewe bring hy aan die voet van die Drakensberge in Natal deur. Sy skoolopleiding ontvang hy in Johannesburg, Parys, Wepener en Heidelberg in Transvaal en in 1960 matrikuleer hy aan die Hoër Seunskool Helpmekaar in Johannesburg. Hy voltooi sy militêre diensplig by 1 Valskermbataljon in Bloemfontein. Hierna studeer hy deeltyds verder aan die Universiteit van Suid-Afrika, waar hy 'n B.A.-graad verwerf met Geskiedenis en Afrikaans-Nederlands as hoofvakke. In 2003 verwerf hy sy Honneursgraad in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria.

As beroepsakteur vertolk hy rolle vir die Kaapse Streektoneel en speel ook in rolprente soos Jamie Uys se Lord oom Piet, Emil Nofal se Tom, Dirk en Herrie, Gert van den Bergh se Die wonderwêreld van Kammie Kamfer, Daan Retief se Beloftes van môre, Jan Scholtz se April 1980 en David Millin se Seven against the sun en Majuba: Heuwel van Duiwe. Hy is ook radio-omroeper, eers by Radio Hoëveld en daarna vir twee jaar by Radio Nederland se Wêreldomroep in Hilversum. In 1968 keer hy terug na Suid-Afrika en word omroeper en regisseur by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se ateljees in Groenpunt in Kaapstad. In hierdie tyd begin hy ook programme vir die radio skryf, en wen die SAUK-prys vir radiohoorbeelde.

In Maart 1970 trou hy met Jeanne McCaul, dogter van Hermien Dommisse, waarna hulle na Parys in Frankryk vertrek. Hier volg hy by die Conseratoire Libre du Cinéma Française 'n kursus in film- en televisiekuns wat alles van hierdie dissiplines behels soos tegniek, kamerawerk, lense, beligting, klank en redigering. Hierdie kursus slaag hy na skriftelike en mondelinge eksamens met lof en behaal in Augustus 1973 'n diploma in Filmregie. Hulle seun Pierre-Morné word kort daarna gebore.

Hy werk by die Franse televisiediens tot in Desember 1973 as vakleerling assistent-regisseur, onder andere saam met die vermaarde regisseur Raymond Rouleau. Na hulle terugkeer na Suid-Afrika sluit hy in Februarie 1974 weer aan by die SAUK, hierdie keer as televisie-regisseur. Hy maak onder andere die film Juriesfontein en programme oor die Karoo en die Knysna-boswerkers, waarna hy opleidingskonsultant word. Terselfdertyd doen hy oorklanking vir televisieprogramme en is ook aanbieder van die program Kamera Twee, Skattejag, en Agriforum. Verder speel hy in verskeie televisievervolgverhale en dramas, onder andere Jasper Le Feuvre en Klaradyn, beide onder regie van Daan Retief.

Skryfwerk

[wysig | wysig bron]

Hy skryf die speurverhaal Die Duitse Bajonet.[1] 'n Baie Belangrike Persoon word met 'n besondere wapen vermoor, 'n ou Duitse bajonet uit die Tweede Wêreldoorlog. Speurder Dirk Retief ondersoek hierdie saak.

Publikasies

[wysig | wysig bron]

1974 – Die Duitse Bajonet

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Van der Walt, P.D. Die Transvaler. 17 Junie 1974

Tydskrifte en koerante

[wysig | wysig bron]
  • Breytenbach, Philippa “Morné wóú films maak” “Die Transvaler” 19 April 1976

Internet

[wysig | wysig bron]

Ongepubliseerde dokumente

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Morné Coetzer
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?