For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Mochekultuur.

Mochekultuur

’n Kaart van Peru. Die gebied van die Mochekultuur word in rooi aangedui.

Die Mochekultuur was ’n beskawing in die huidige Peru wat omstreeks 0-750 n.C. in die valleie van die Moche- en die Chicarnarivier aan die Peruaanse kus bestaan het. Op sy hoogtepunt was die gebied 400 ha groot. Die hoofstad was suid van die huidige stad Trujillo geleë.[1][2] Die Piramide van die Son en die Piramide van die Maan is oorblyfsels wat nou nog te sien is.

Die Mochekultuur was die voorloper van die Chimúkultuur. Daar is lank geglo die Moche was ’n staat, maar die meeste huidige geleerdes glo hulle was nooit in ’n politieke staat georganiseer nie. Hulle was eerder ’n klompie onafhanklike groepe met ’n gemeenskaplike kultuur.

Leefwyse

[wysig | wysig bron]

Die Moche het veral aartappels, pampoen, mielies en pepers verbou. Groot kanale en akwadukte het die akkers met mekaar verbind. Hulle het vee aangehou, gehengel, gejag en handel gedryf in luuksegoedere soos turkoois en eksotiese skulpe.

’n Portretvaas.

Kultuur

[wysig | wysig bron]

Die Moche was bekwame goud-, silwer- en kopersmede. Hulle het stukke klei in die son laat droog word voordat hulle hulle tempels gebou het. Hulle keramiekartikels is in twee kleure geverf: rooibruin en ’n ivoorkleur. Net soms is wit en swart gebruik. Die voorwerpe stel daaglikse aktiwiteite, mitologiese figure en figure uit die doderyk, asook natuurtonele voor.

Die Moche is veral bekend vir hulle portretbeelde. Dit lyk of hulle ware individue verteenwoordig – sommige is uitgebeeld met fisieke gebreke. Daar word vermoed dit is beelde van opperhoofde, volkshelde of priesters.[3]

Suidelike en noordelike Moche

[wysig | wysig bron]

Twee aparte streke van die Mochekultuur is te bespeur, ’n suidelike en noordelike streek.[4] Daar word geglo die suidelike streek was die hartland van die beskawing. Dit het bestaan uit die Chicama- en die Mochevallei. Die noordelike streek het uit drie valleie bestaan: dié aan die boonste Piura-, onderste Lambayeque- en onderste Jequetepequerivier.[4]

Hulle het waarskynlik aparte dinastieë gehad, maar was verwant aan mekaar. Gesentraliseerde beheer van die hele gebied kon soms voorgekom het, maar dit lyk of dit ongereeld was.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (es) Cardenas, Maritza (red.). "Huacas del Sol y de la Luna – Capital de la Cultura-Mochica". Besoek op 29 Maart 2012.
  2. (es) "Las Huacas del Sol y de a Luna". Besoek op 29 Augustus 2019.
  3. (en) Benson, E. & Clifford, P. et al., 1983. Art of the Andes: Pre-Columbian Sculptured and Painted Ceramics from the Arthur M. Sackler Collection. Washington, D.C.: Arthur M. Sackler Foundation en die AMS Foundation for the Arts, Sciences and Humanities.
  4. 4,0 4,1 4,2 (en) Butters, L. J. C.; Castillo, S. U. (2007). "The Moche of Northern Perú". In Silverman, H.; Isbell, W. (reds.). Handbook of South American Archaeology (PDF). Blackwell Press.

Skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Mochekultuur
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?