For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Mite.

Mite

Die woord mite kom van die Griekse woord mythos wat oorspronklik woord of storie beteken het. Daar is baie teorieë wat probeer verduidelik waarom mense mites vertel en glo. Daar is egter konsensus dat mites simboliese verhale is wat probeer om (vir die mens) onverklaarbare dinge op te los. Só verduidelik mites in baie gevalle die oorsprong van die wêreld, die oorsprong van kultuur en die menslike samelewing, natuurverskynsels en wat met mense gebeur wanneer hulle sterf.

Net soos drome is mites in die mens se verbeelding geskep en kan dit nie letterlik geïnterpreteer word nie. Mites word eerder as metafore vir en simbole van die werklikheid beskou.

Mitologie

Hoofartikel: Mitologie.

In nasies se mitologië dwarsoor die wêreld is daar temas wat oor en oor voorkom. Die skeppingsmites, wat verklaar hoe die wêreld ontstaan het, is die kern van meeste mitologieë. Dan is daar die mites wat die onsigbare dele van die heelal, die tuiste van bonatuurlike wesens, gode en heilige voorouers beskryf. In die wêreld se mitologië vertel en ken bonatuurlike wesens en gode dikwels hul eie lewensmites.

Mites vertel hoe die eerste mens ontstaan het, waarom mense sterf en hoe die aarde se bestaan, soos ons dit ken, gaan eindig. In die meeste kulture se mitolgie is daar heldefigure aan wie buitengewone dade toegeskryf word en wat gehelp het om hul nasie se kultuur te "skep".

Aangesien mites van verskillende kulture so baie in gemeen het, is daar heelwat kenners wat meen dat mense 'n gemeenskaplike oorsprong gehad het. Daar is ook dié wat aanvoer dat mense se verbeeldings van regoor die wêreld op dieselfde manier werk wanneer hulle voor die onverklaarbare te staan kom.

Volksverhale

Hoofartikel: Volksverhaal.

Dit is nie maklik om tussen mites en volksverhale te onderskei nie. Nóg mites nóg volksverhale het 'n herkenbare outeur en albei kom in verskillende weergawes voor. Mites is meestal verhale waarin mense probeer om verklarings te vind vir die oorsprong van die wêreld en ander onbegryplike kosmiese verskynsels en probleme. Daar is gewoonlik 'n bonatuurlike element of godheid betrokke.

Volksverhale, daarenteen, is veral die produk van landbougemeenskappe en het te doen met sosiale konflik en probleme. Dit dra gewoonlik ook 'n boodskap oor vir die samelewing.

Bronne

  • "Basque Mythology". Public Reading Network of the Basque Country. 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020.
  • "Myth". Encyclopædia Britannica. 2009. 21 March 2009.
  • Anderson, Albert A. (2004), "Mythos, Logos, and Telos: How to Regain the Love of Wisdom", in Anderson, Albert A.; Hicks, Steven V.; Witkowski, Lech, Mythos and Logos: How to Regain the Love of Wisdom, Rodopi (publisher), ISBN 978-90-420-1020-8, https://books.google.com/books?id=UXxovhF7LMQC&q=mythos&pg=PA61 
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Mite
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?