For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Middernagson.

Middernagson

Noorweë – "Land van die Middernagson". Toerismeadvertensie van 1905.
Die middernagson op die Noorse eilandgroep Vesterålen.
Aand op 'n poolnag naby Skibotn, Noorweë.
Middernagson by die Noorse Noordkaap, Julie 2005.

Die middernagson is 'n verskynsel waarby die son (of 'n deel van die sonskyf) in gebiede noord van die Noordelike Pool- of Arktiese Sirkel en suid van die Suidelike Pool- of Antarktiese Sirkel ook teen middernag sigbaar bly.[1] By helder weer kan die son 24 ure lank ononderbroke waargeneem word. Die aantal dae per jaar, waarop die middernagson skyn, neem in poolwaartse rigting toe.

Weens die feit dat daar geen menslike nedersettings suid van die Antarktiese Sirkel bestaan nie, word die middernagson gewoonlik veral deur die bewoners van lande en gebiede waargeneem waardeur die Arktiese Sirkel loop, soos Alaska, Kanada, Groenland, Noorweë, Swede, Finland, Rusland en die mees noordelike streke van Ysland.

'n Kwart van Finland se oppervlakte is noord van die Arktiese Sirkel geleë, en by sy mees noordelike punt gaan die son gedurende die somer 73 dae lank nie meer onder nie. In Svalbard (Noorweë), die mees noordelike bewoonde gebied in Europa, is daar tussen 19 April en 23 Augustus geen sononder meer nie. By die Noord- en Suidpool bly die son in die somer selfs ses maande lank ononderbroke sigbaar. Die teenoorgestelde verskynsel, die poolnag, veroorsaak dat die son in die winter 'n halwe jaar lank dwarsdeur die dag onder die horison bly.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Middernagson
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?