For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for McDonnell F-101 Voodoo.

McDonnell F-101 Voodoo

McDonnell F-101 Voodoo
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger McDonnell
Ontwerp deur McDonnell
Nooiensvlug 29 September 1954
Bekendstelling 1957
Onttrek 1972, Lugmag
Status Onttrek
Hoofgebruikers Amerikaanse Lugmag
Kanadese Koninklike Lugmag
Aantal gebou 807
Ontwikkel van XF-88 Voodoo

Die McDonnell F-101 Voodoo is 'n Amerikaanse vegvliegtuig wat oorspronklik ontwikkel is om bomwerpers tydens hul missies te vergesel. Die Voodoo is ontwikkel vanaf die XF-88 onderskeppingsvliegtuig wat reeds in 1948 gevlieg het. Hulle moes die Convair B-36 Peacemakers vergesel tydens missies. Alhoewel die Voodoo nie die hele tog met die B-36's kon meemaak nie was hulle togafstand van 2,450 km indrukwekkend. Die Voodoo het 'n lang loopbaan in die Amerikaanse Lugmag gehad waar dit ook in 'n onderskeppingsrol gebruik is sowel as vir verkenning. Dit was die lugmag se eerste supersoniese verkenningsvliegtuig.

Die prototipe, F-101A, het op 29 September 1954 sy nooiensvlug voltooi. Nadat die vliegtuig in diens gestel is in 1957 is dit gebruik om verskeie rekords vir spoed, uitvermoë en klimvermoë te probeer verbeter. Dit was gedoen om aan die Sowjetunie te wys hoe gevorderd die Amerikaanse vegvliegtuie op daardie stadium was.

Op 27 November 1957 het vier model RF-101A's (verkenningsvliegtuie) vanaf March-lugmag basis in Kalifornië opgestyg en oos gevlieg. Nadat hulle in die lug brandstof hervul het het twee verder gevlieg tot by die McGuire-lugmag basis in New Jersey. Die ander twee het omgedraai en weer in Kalifornië geland.

Majoor Adrian Drew met 'n F-101A het by die Edwards lugmagbasis 'n absolute spoed rekord van 1,942.97 km/h daargestel. Al hierdie rekords het die Voodoo die bynaam One-Oh-Wonder laat kry. Die tweesitplek alleweerstoestand F-101B het in 1957 verskyn. Dit was toegerus met 'n Hughes vuurbeheerstelsel en was bewapen met ses Falcon lug-tot-lug missiele of twee Genie lug-tot-lug missiele met kernpunte en vier Falcons.

In 1961 was ses en vyftig van die vliegtuie oorgeplaas na die Koninklike Kanadese Lugmag as model CF-101B. 'n Dekade later was hulle eers vervang met beter vliegtuie. Die Amerikaanse en Kanadese vliegtuie het die noordpool gebied beskerm en bewaak teen Sowjet bomwerpers. Die laaste Amerikaanse Lugmag F-101 is eers in 1971 uit diens onttrek en die van die Air National Guard eers in 1983. Verkennings vliegtuie was ook verkoop aan die Chinese Nasionale Lugmag.

Tegniese besonderhede

[wysig | wysig bron]
Besonderhede van die McDonnell F-101B Voodoo:
Item Statistiek
Aantal motore 2
Tipe motor Straalmotor
Vervaardiger Pratt & Whitney J57-P-55 turbostraal met nabrander
Kraglewering per motor 6 749 kg stukrag
Vlerkspan 12,09 m
Lengte 20,54 m
Hoogte 5,49 m
Vlerkoppervlakte 34,19 m2
Maks. opstygmassa 23 768 kg
Maks. snelheid 1 965 km/h
Operasionele hoogte 16 705 m
Togafstand 2 494 km
Klimvermoë 11 133 m per minuut
Bewapening Twee MB-1 Genie met kernpunte en vier Falcon lug-tot-lug missiele
of ses Falcon lug-tot-lug missiele

Sien ook

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
McDonnell F-101 Voodoo
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?