For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Martin Buber.

Martin Buber

Martin Buber
Gebore (1878-02-08)8 Februarie 1878
Wene, Oostenryk-Hongarye
Oorlede 13 Junie 1965 (op 87)
Jerusalem, Israel
Nasionaliteit Vlag van Israel Israel
Vakgebied Ontologie
Bekend vir Ich-Du en Ich-Es
Beïnvloed deur Immanuel Kant, Søren Kierkegaard, Friedrich Nietzsche, Ludwig Feuerbach, Ralph Waldo Emerson, Pierre-Joseph Proudhon, Sigmund Freud, Rudolf Bultmann
Invloed op Abraham Joshua Heschel, Walter Kaufmann, Gabriel Marcel, Franz Rosenzweig, Hans Urs von Balthasar, Fritz Perls, Laura Perls, John Berger
Toekennings Erasmusprys, 1963
Handtekening

Martin Buber (Wene, 8 Februarie 1878Jerusalem, 13 Junie 1965) was 'n Oostenrykse-Israeliese-joodse godsdiensfilosoof.

Lewensloop

[wysig | wysig bron]

Chassidisme

[wysig | wysig bron]

Buber word groot in Lemberg (tans bekend as Lwif, Oekraïne). As kleinkind van die wetenskaplike en Midrasj-kenner Salomon Buber was hy in sy tyd een van die belangrikste navorsers en versamelaars op die gebied van die Chassidiese tradisie van die Oos-Europese jodedom. Hoewel hy homself eerder as aanhanger van die Rekonstruktiewe Judaïsme reken, beywer hy homself daarop om die Westerse wêreld aan Ortodokse en Ultraortodokse mistieke bewegings bloot te stel. Hiervoor vertaal hy talryke vertellings en tradisies van die Chassidisme na Duits en maak dit op so manier bekend. In die besonder lewer sy omvangryke teksversameling Die Erzählungen der Chassidim ("Die vertellinge van die Chassidiem") daarvan 'n indrukwekkende getuienis. Tydens sy lewe was Buber 'n bemiddelaar tussen die bedreigde tradisionele Joodse wêreld in die Ooste en die Westerse wetenskaplike en rasionalistiese moderne tyd.

Teoloog en filosoof

[wysig | wysig bron]

Saam met die filosoof Franz Rosenzweig vertaal Buber van 1926 tot 1936 die Joodse Heilige Skrif, die Tanag, in Duits. In sy filosofiese werke konsentreer Buber veral op die tema van dialoog. Sy hoofwerk met die titel Ich und Du ("Ek en jy") behandel die verhouding van die mens tot God en die medemens as eksistensialistiese religieuse dialoogbeginsel. Buber was van 1924 tot 1933 dosent en was erehoogleraar in Joodse geloofsleer en etiek in Frankfurt am Main. In 1938 kon hy uit Nazi-Duitsland na Jerusalem ontsnap, waar hy tot 1951 aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem klasgee in antropologie en sosiologie. Sy huis in Heppenheim word tydens die Kristallnacht ("Kristalnag") op 9 November 1938 verwoes.

Religieuse "Tuisland"-Sionis

[wysig | wysig bron]

Martin Buber was 'n religieuse Sionis, maar het hom tog ook verset teen die oprigting van die staat Israel en kritiseer die nasionalistiese politieke Sioniste as "sendelinge van die Weste". Hy was, soos ander persone 'n sogenaamde "Tuisland"-Sionis, waaronder Judah Magnes voorstander van 'n gemeenskaplike Arabies-Israeliese staat, waarbinne Jode veral hul spirituele identiteit tot ontwikkeling moes bring, maar geen politieke mag moes nastreef nie.

Werke

[wysig | wysig bron]
  • Geschichte des Individuationsproblems (1904)
  • Ich und Du (1924)
  • Die Schrift. Verdeutscht von Martin Buber gemeinsam mit Franz Rosenzweig (1926-1938)
  • Die Erzählungen der Chassidim (bis 1949)
  • Der Jude und sein Judentum (1963)
  • Die fünfzigste Pforte (1907)
  • Gottesfinsternis (1952)
  • Der Weg des Menschen (1964)
  • Ereignisse und Begegnungen (1964)
  • Zwei Glaubensweisen (1950)

Literatuur

[wysig | wysig bron]
  • Gerhard Wehr: Martin Buber: Leben, Werk, Wirkung. 1991, Diogenes-Verlag, Zürich, ISBN 3-257-01908-4.
  • Siegbert Wolf: Martin Buber zur Einführung. 1992, Junius-Verlag, Hamburg, ISBN 3-88506-873-7.
  • Beek, M.A. en J. Sperna Weiland, Martin Buber (1964)

Vertaal uit die Nederlandse Wikipedia-artikel

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Martin Buber
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?