For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Marathon des Sables.

Marathon des Sables

Marathon des Sables, of MdS, (Frans vir Maraton van die Sande, ook bekend as die Sahara-Maraton) is 'n sewe-dae 250 km lange ultramaraton, wat ongeveer die afstand van ses gereelde maratons is. Die langste enkelfase in 2009 was 91 km lank. In 2023 was dit 90,1 km.

Hierdie meerdaagse wedloop word elke jaar in die suide van Marokko, in die Sahara-woestyn, gehou. Sommige hardlopers beskou dit as een van die moeilikste voetresies op aarde. Die eerste byeenkoms van die Maraton het in 1986 begin.[1][2]

Drawwers gaan op teen 'n Koppie.
'n Deelnemer aan die Marathon des Sables, Morokko
'n Kamp waar deelnemers slaap in die aand.
'n Foto van die eerste Britse hardlopers wat die Marathon des Sables voltooi het (Dr Mike Stroud, Rene Nevola, Richard Cooper en Prof Mike Lean).

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die maraton was die breinkind van die Franse konsertpromotor Patrick Bauer wat in 1984 'n deel van die Sahara-woestyn te voet en alleen deurkruis het. Hy het 350 km in 12 dae afgelê sonder om 'n enkele oase of woestyngemeenskap langs die pad raak te loop. Twee jaar later in 1986 is die eerste Marathon des Sables gehardloop. Drie-en-twintig hardlopers het aan die wedloop deelgeneem. Bernard Gaudin en Christiane Plumere, albei van Frankryk, het as die wenman en vrou geëindig.

Teen 2009 het meer as 1 000 hardlopers aan die byeenkoms deelgeneem en die Solidarité Marathon des Sables-vereniging is geskep. Die doel is om projekte te ontwikkel om kinders en benadeelde bevolkings in velde van gesondheid, onderwys en volhoubare ontwikkeling in Marokko by te staan.

In 2017 het twee nuwe Marathon des Sables-byeenkomste vir die eerste keer plaasgevind: die Halfmarathon des Sables op Fuerteventura in die Kanariese Eilande in September, en nog 'n vollengte Marathon des Sables-byeenkoms in Peru in November.

Weens die COVID-19-pandemie is die 2020 Marathon des Sables (35ste) van 3–13 April tot 18–28 September uitgestel, na aanleiding van 'n waarskuwing wat amptelik uitgereik is deur die Ministerie van Binnelandse Sake van Marokko.[3][4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. In 2008, the MdS was 145 miles (233 km).[1]
  2. "Extreme Marathons". Time. 8 April 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2008. Besoek op 12 Mei 2010.
  3. In 2008, the MdS was 145 miles (233 km).[1]
  4. "Extreme Marathons". Time. 8 April 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2008. Besoek op 12 Mei 2010.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Marathon des Sables
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?