For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Malakologie.

Malakologie

Die tropiese rifkalamari (Sepioteuthis lessoniana) vertoon hoogsontwikkelde okulêre, lokomotiewe en bioluminessente organe, wat almal van besondere belang in die malakologiese studies van die klas Cephalopoda is.

Malakologie is die vertakking van ongewerwelde dierkunde wat handel oor die bestudering van weekdiere (molluske), wat naas geleedpotiges die grootste dierefilum uitmaak versover dit beskrewe spesies betref.[1] Molluske sluit slakke, naakslakke, tweekleppiges en koppotiges in, benewens talle ander soorte, waarvan baie oor skulpe beskik. Die term malakologie is uit die Franse malacologie ontleen, 'n kontraksie van malacozoologie; uit Neo-Latyn Malacozoa, 'n soölogiese groep wat weeklywige diere insluit; uit Antieke Grieks μαλακός (malakós) 'sag', en ζῷον (zôion) 'dier'.

Studievelde binne malakologiese navorsing sluit taksonomie, ekologie en evolusie in. Daar is verskeie onderafdelings van malakologie, insluitend konchologie, wat die bestudering van weekdierskulpe behels, en teutologie wat met die bestudering van koppotiges soos seekatte, pylinkvisse en inkvisse begaand is. In toegepasde malakologie word die mediese, veterinêre en landboukundige toepassings bestudeer, soos ondermeer ondersoeke na molluske as vektore van skistosomiase en ander siektes.

Dierkundige metodes word gebruik in malakologiese navoring. Malakologiese veld- en laboratorium-metodiek soos versameling, dokumentering en argivering, en molekulêre ontledingstegnieke is in Sturm et al. (2006) opgesom.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Home – Division of Invertebrate Zoology". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2007. Besoek op 8 Februarie 2007.
  2. Charles F. Sturm; Timothy A. Pearce; Ángel Valdés (Julie 2006). The mollusks. Universal-Publishers. ISBN 978-1-58112-930-4. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2022. Besoek op 22 Augustus 2022.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Malakologie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?