For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Lu Xun.

Lu Xun

Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Lu Xun
鲁迅
Lu Xun omstreeks 1930
Gebore25 September 1881
Sterf19 Oktober 1936 (op 55)
Peking (nou Beijing), Republiek China
BeroepSkrywer, kritikus en essayis

Lu Xun (Vereenvoudigde Chinees: 魯迅, Tradisionele Chinees: 鲁迅, Pinyin: Lǔ Xùn) of Lu Hsün (volgens die fonetiese Wade-Giles-transkripsie), was die skrywersnaam van Zhou Shuren (Vereenvoudigde Chinees: 周樹人, Tradisionele Chinees: 周树人, Pinyin: Zhōu Shùrén en Chou Shu-jen volgens Wade-Giles; * 25 September 1881,; † 19 Oktober 1936) was een van die belangrikste 20ste eeuse skrywers in China. Dikwels word na hom as die grondlegger van die moderne Chinese literatuur verwys. Hy het sy werke sowel in baihua (白話), die huidige Chinese omgangstaal, asook in klassieke Chinees geskryf.

Hy was een van die invloedryke intellektuele wat die sogenaamde 4 Mei-beweging gesteun het wat aan Beijing se Beida-universiteit in die lewe geroep is, en het saam met ander intellektuele ook aan die Baihua-beweging deelgeneem wat hom met kwessies rakende literêre styl en genre bemoei het.

Lu Xun was 'n skrywer van kortverhale, uitgewer, vertaler, kritikus, essayis en digter. In die 1930's het hy die titulêre leier van die Chinese Liga van Linkse Skrywers in Sjanghai geword. Ná die 4 Mei-beweging het hy met sy werke baie groot invloed in China uitgeoefen en is deur die Kommunistiese bewind ná 1949 as een van die Volksrepubliek China se beduidendste persoonlikhede vereer. Mao Zedong was sy hele lewe lank 'n groot bewonderaar van Lu Xun se literêre werk.

Maar ondanks die simpatie wat Lu Xun vir linkse politieke ideale getoon het, het hy self nooit by die Kommunistiese Party van China aangesluit nie. Danksy vertalings in onder meer Engels (waaronder Selected Stories of Lu Hsun deur Yang Hsien-yi en Gladys Yang) het sy werke ook in die Weste bekendheid verwerf.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  • Lu Xun. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Lu Xun
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?