For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Longontsteking.

Longontsteking

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Longontsteking
Klassifikasie en eksterne bronne
X-straalfoto wat 'n driehoekige wit gebied aandui.
X-straalfoto wat 'n driehoekige wit gebied aandui.
ICD-10 J12, J13, J14, J15, J16, J17, J18, P23
ICD-9 480-486, 770.0
DiseasesDB 10166
MedlinePlus   000145
eMedicine onderwerpenlijst
MeSH D011014
Mediese waarskuwing
Ongeskiktheids-aangepaste lewensjaar vir longontsteking per 100 000 inwoners in 2004:[1]

   Geen data

   <100

   100–700

   700–1 400

   1 400–2 100

   2 100–2 800

   2 800–3 500

   3 500–4 200

   4 200 –4 900

   4 900–5 600

   5 600–6 300

   6 300–7 000

   >7 000

Sterftes weens longontsteking per miljoen persone in 2012:

   24–120

   121–151

   152–200

   201–241

   242–345

   346–436

   437–673

   674–864

   865–1 209

   1 210–2 085

Longontsteking of pneumonia is 'n longsiekte wat die asemhalingstelsel aantas. Die longe bevat klein blasies, genaamd alveoli, wat suurstof absorbeer. In die geval van longontsteking word hierdie longblasies en die omringende weefsel ontsteek. Hulle vul met vloeistof en kan nie meer soveel suurstof as tevore opneem nie.

Longontsteking kan deur bakterieë, virusse, fungi en parasiete veroorsaak word. Dit kan ook deur chemiese of fisiese skade aan die longe opgedoen word. Ander siektes, soos alkoholmisbruik en longkanker, kan ook tot longontsteking lei.

Mense van alle ouderdomme kan longontsteking opdoen. Dit is 'n gevaarlik siekte wat onmiddellike behandeling verg. Indien beide longe ontsteek is, word dit 'n dubbele of bilaterale longontsteking genoem. Baie mense sterf aan longontsteking, veral kinders, ouer mense en mense met 'n swak immuunstelsel.

Mense met longontsteking haal gewoonlik moeilik asem. Hulle kan ook hoes en pyn op die bors ervaar. Die behandeling hang van die oorsaak af. As dit deur Bakterieë veroorsaak is, kan antibiotika daarvoor voorgeskryf word.

As longontsteking nie betyds behandel word nie, kan die longblasies sodanig verswak dat dit die longinhoud verklein. Dit is in baie gevalle noodlottig. Longontsteking kom meestal as 'n komplikasie van ander siektes voor, of as die pasiënt 'n verlaagde weerstand as gevolg van ander oorsake het.

Vóór die ontdekking van penisillien was longontsteking 'n belangrike oorsaak van sterftes by alle ouderdomsgroepe. Wêreldwyd is longontsteking steeds 'n algemene siekte wat ongeveer 450 miljoen mense per jaar tref.[2] Vier miljoen mense sterf jaarliks hieraan (7% van die totaal wêreldwyd).[2][3] Die meeste slagoffers is kinders onder vyf en volwassenes bo 75 jaar.[2] Longontsteking kom ongeveer vyf keer meer algemeen in ontwikkelende lande as in die weste voor.[2] Virale longontsteking is vir ongeveer 200 miljoen gevalle per jaar verantwoordelik.[2]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Mortality and Burden of Disease Estimates for WHO Member States in 2002" (xls). Wêreldgesondheidsorganisasie. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2013.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Ruuskanen, O; Lahti, E; Jennings, L.C.; Murdoch, D.R. (9 April 2011). "Viral pneumonia". Lancet. 377 (9773): 1264–75. doi:10.1016/S0140-6736(10)61459-6. PMID 21435708.
  3. Kabra S.K.; Lodha, R.; Pandey, R.M. (2010). Kabra, Sushil K (red.). "Antibiotics for community-acquired pneumonia in children". Cochrane Database Syst Rev. 3 (3): CD004874. doi:10.1002/14651858.CD004874.pub3. PMID 20238334.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Longontsteking
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?