For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for
Logaritmies gemiddelde temperatuurverskil.
Logaritmies gemiddelde temperatuurverskil
Die logaritmies gemiddelde temperatuurverskil (LGTV of ΔTlg) word gebruik om die temperatuur dryfkrag vir warmteruiling in vloeistelsels, soos hitteruilers te kwantifiseer. Die LGTV is 'n logaritmiese gemiddelde van die temperatuurverskil tussen die warm en koue strome aan elke punt van 'n hitteruiler. Hoe groter die LGTV, hoe meer warmte word uitgeruil.
Ons aanvaar dat 'n generiese hitteruiler twee kante het (wat ons hier "A" en "B" sal noem) waar die warm en koue strome invloei of uitvloei; die LGTV word dan gedefinieer deur die logaritmiese gemiddelde as volg:
en is die benaderingstemperatuur aan die twee kante van die hitteruiler.
Hierdie vergelyking is geldig vir beide parallelle vloei waar die strome van dieselfde kant invloei en vir teenstroom vloei waar die strome van verskillende kante af invloei. 'n Derde tipe vloei is kruisvloei waar een van die strome dieselfde nominale temperatuur het op alle punte van die oordragoppervlak. Die wiskunde is soortgelyk behalwe dat 'n korreksiefaktor F dikwels toegepas moet word in die hitte-oordrag vergelyking.
Daar is tye wanneer die vier temperature wat gebruik word om die LGTV te bepaal nie beskikbaar is nie. Die NTU-metode mag dan gebruik word.
Wanneer 'n hitteruiler meer as een buisgang het, ondervind elke buisgang nie teenstroom nie - sommige buise ondervind parallele vloei. In so 'n geval moet gekorrigeer word met 'n korreksiefaktor .
Hierdie temperatuurkorreksiefaktor is 'n funksie van die hoeveelheid gange van die hitteruiler, die posisie van die in- en uitlate van die hitteruiler en die in- en uitlaat temperature.
Vir 'n enkel buisganghitteruiler is
Vir 'n hitteruiler met een mantelgang en buisgange in veelvoude van twee, kan soos volg bepaal word:
This browser is not supported by Wikiwand :( Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience. Please download and use one of the following browsers:
Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.
X
Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?
Oh no, there's been an error
Please help us solve this error by emailing us at support@wikiwand.com
Let us know what you've done that caused this error, what browser you're using, and whether you have any special extensions/add-ons installed.
Thank you!