For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Lodewyk XVI van Frankryk.

Lodewyk XVI van Frankryk

Lodewyk XVI
Koning van Frankryk en Navarra
Lodewyk XVI van Frankryk
Lodewyk XVI van Frankryk
Dinastie Bourbon
Bewind 10 Mei 177421 September 1792
Kroning 11 Junie 1775
Volle naam Louis Auguste de France
Gebore 23 Augustus 1754
Versailles, Frankryk
Gesterf 21 Januarie 1793
Parys
Voorganger Lodewyk XV
Opvolger Maximilien Robespierre
Gade Marie Antoinette
Vader Loedewyk, Dauphin van Frankryk (1729–1765)
Moeder Prinses Maria Josepha van Sakse

Lodewyk XVI (23 Augustus 175421 Januarie 1793) was die laaste koning van Frankryk voor die val van die monargie tydens die Franse rewolusie. Daar is na hom verwys as Citizen Louis Capet gedurende die vier maande net voor sy teregstelling by wyse van die guillotine. In 1765, na die dood van sy vader, Louis, Dauphin van Frankryk (seun van Louis XV), word hy die nuwe Dauphin.

Met die dood van sy oupa Lodewyk XV op 10 Mei 1774, neem hy tot 4 September 1791 die titel Koning van Frankryk en Navarra aan, toe hy die titel van Koning van "die Franse" ontvang, tot en met die afskaffing van die monargie op 21 September 1792.

Bewind

[wysig | wysig bron]

Die eerste deel van Lodewyk se bewind is gekenmerk deur pogings om Frankryk te hervorm volgens die ideale van die Verligting – dit het ingesluit die afskaffing van lyfeienskap en die belasting vir nie-adellikes, asook toenemende verdraagsaamheid jeens nie-Katolieke. Die Franse adel het negatief hierop gereageer en die inwerkingstelling daarvan suksesvol teengestaan. Ontevredenheid onder die gewone burgers het hierna toegeneem.

Van 1776 af het Lodewyk die Noord-Amerikaanse koloniste aktief ondersteun wat onafhanklikheid van Brittanje wou hê. Hulle het dit eindelik in 1783 gekry met die Verdrag van Parys. Die gevolglike skuld en finansiële krisis het bygedra tot die ongewildheid van die monargie. Ontevredenheid onder die middel- en laer klas het toegeneem en dit het gelei tot ’n al hoe groter teenstand teen die adel en die absolute monargie, waarvan Lodewyk en sy vrou, Marie Antoinette, as verteenwoordigend beskou is. In 1789 is die Bastille-gevangenis tydens die opstande in Parys bestorm en die Franse Rewolusie het begin.

Lodewyk se besluiteloosheid en konserwatisme het hom al hoe ongewilder gemaak. Toe hy in Junie 1791 na Varennes vlug, vier maande voordat die konstitusionele monargie afgekondig is, het dit oënskynlik gerugte bevestig dat hy sy hoop op oorlewing geplaas het op ’n buitelandse inval. Sy geloofwaardigheid is daardeur kwaai ondermyn en die afskaffing van die monargie het ’n al hoe groter moontlikheid geword.

Verhoor en teregstelling

[wysig | wysig bron]

In Augustus 1792, ’n maand voor die konstitusionele monargie afgeskaf en ’n republiek afgekondig is, is Lodewyk van die troon gesit en in hegtenis geneem. Hy is verhoor en skuldig bevind aan hoogverraad. Op 21 Januarie 1793 het hy onder die valbyl gesterf as "burger Louis Capet", ’n bynaam.

Hy is die enigste Franse koning wat tereggestel is en sy dood het ’n einde gebring aan die Franse monargie van langer as duisend jaar.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Lodewyk XVI van Frankryk
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?