For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Leander Starr Jameson.

Leander Starr Jameson

Leander Starr Jameson
Leander Starr Jameson

Eerste Minister van die Kaapkolonie
Ampstermyn
1904 – 1908
Voorafgegaan deur John Gordon Sprigg
Opgevolg deur John X. Merriman

2de Administrateur van Suid-Rhodesië
Ampstermyn
10 September 1894 – 2 April 1896
Voorafgegaan deur A.R. Colquhoun
Opgevolg deur Albert Grey, 4de Graaf Grey

Persoonlike besonderhede
Gebore 10 Februarie 1853
Edinburg, Skotland
Sterf 26 November 1917 (op 64)
Londen, Engeland
Politieke party Progressiewe (Britse) Party
Unionisteparty
Leander Starr Jameson

Sir Leander Starr Jameson, (10 Februarie 185326 November 1917) was 'n gekwalifiseerde mediese spesialis, gewilde Suid-Afrikaanse en Rhodesiese staatsman en eerste leier van die Unionisteparty in Suid-Afrika.

Vroeë jare

[wysig | wysig bron]

Hy is in 1853 in Edinburgh, Skotland, gebore, dieselfde jaar as sy twee lewenslange kollaborateurs, Cecil John Rhodes en Alfred Beit. Na hy skool gegaan het in Skotland en Engeland, het hy verder studeer aan die University College, Londen. Hy was 'n sensitiewe maar begaafde student en het as spesialis in Wene, Oostenryk, gekwalifiseer. Toe ene dr Pince van Kimberley aan die University College skryf om 'n vennoot in sy praktyk te versoek, is dr Jameson aanbeveel.

Na Suid-Afrika

[wysig | wysig bron]

In Kimberley het hy kort voor lank erkenning gekry as die knapste dokter op die Diamantveld. Hy was baie gewild en het 'n hegte vriendskap met Rhodes gesmee. Namens Rhodes het Jameson drie opeenvolgende sendings na Lobengula, koning van die Matabele onderneem van 1889 en 1890. Die sendings het uitgeloop op 'n konsessie deur Lobengula aan die British South Africa Company.

Imperialisme

[wysig | wysig bron]

Hoewel Jameson die Pioneer Column vergesel het, het hy geen amptelike posisie beklee nie, buiten as "verteenwoordiger van Rhodes". In 1891 is hy egter aangestel as administrateur van Mashonaland, waar hy baie gewild onder die nedersetters was. Na die Matabele in die oorlog van 1893 verslaan is, het Matabeleland in 1894 ook onder die administrasie van "dr Jim" gekom.

Jameson-inval

[wysig | wysig bron]

Op 29 Desember 1895 het hy die Transvaalse Republiek sonder provokasie vanuit Betsjoeanaland (Botswana) binnegeval en na Johannesburg opgeruk, voorsien van 'n skriftelike uitnodiging van die Uitlanderleiers om die vroue en kinders aldaar teen die Boere te beskerm. Dit was 'n dag na die datum wat oorspronklik beplan was vir die uitbreek van 'n Uitlanderopstand in Johannesburg, wat deur Engeland aangegryp sou word as stawing vir die anneksasie van die Republiek, maar wat ter elfder ure uitgestel is. Hierdie voorval sou later bekend word as die Jameson-inval.

Die kommando's Potchefstroom, Krugersdorp en Rustenburg het die invallers op 2 Januarie 1886 na enkele skermutselings digby Krugersdorp gedwing om die wit vlag te hys.

Na sy oorgawe aan die Boere is hy aan die Britse regering uitgelewer en in Londen verhoor. Die verhoor het sewe dae geduur en hy is gevonnis tot 15 maande gevangenisstraf, wat hy nie uitgedien het nie omdat hy in Desember 1896 weens swak gesondheid vrygelaat is. Hy het in 1898 teruggekeer na Rhodesië waar hy 'n uitgebreide reis met die roete van die voorgenome telegraaf- en spoorlyne onderneem het.

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het hy sy diens aan die Imperiale Regering aangebied en Ladysmith tydens die beleg bereik, maar sy gesondheid het ingegee.

Politieke loopbaan

[wysig | wysig bron]

In 1900 het hy lid van die Kaapse Parlement geword en vinnige opgang danksy sy gewildheid gemaak. Met Rhodes se dood in 1902 word hy leier van die Progressive Party en in 1904 eerste minister. Hy was, tot baie se verbasing, nie lid van die eerste Unie-kabinet nie, maar word in 1910 leier van die Unionisteparty en dus van die Amptelike Opposisie nadat hy onbestrede in die kiesafdeling Albanie in die Oos-Kaap verkies is.

In 1912 tree hy uit die politiek en gaan woon in Londen, waar hy in 1917 sterf.

Bronne

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Leander Starr Jameson
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?