For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk).

Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)

Conservative and Unionist Party
Tories
Logo van die betrokke party.
Leier Rishi Sunak
Gestig 1834
Voorafgegaan deur Tory Party
Hoofkwartier Conservative Campaign HQ, 4 Matthew Parker Street, Londen, SW1H 9NP, Engeland
Jeugvleuel Conservative Future
Ideologie Konserwatisme (Brits)[1]
Ekonomiese liberalisme[2]
Britse unionisme
Sagte Euroskeptisme[2][3][4]
Internasionale affiliasie International Democrat Union
Amptelike kleure      Blou
Webblad conservatives.com
Die huidige leier Rishi Sunak het Liz Truss in Oktober 2022 opgevolg

Die Konserwatiewe Party, amptelik die Conservative and Unionist Party, is 'n sentrum-regse politieke party in die Verenigde Koninkryk. Dit is tans die meerderheidsparty in die Britse Laerhuis, die House of Commons, nadat dit in die algemene verkiesing van 2015 330 van altesaam 650 setels verower het, en was ook die grootste enkele party met 303 setels in die 55ste Parlement van die Verenigde Koninkryk tussen 2010 en 2015 toe dit 'n koalisieregering met die Liberaal-Demokrate gevorm het. Ook op plaaslike regeringsvlak is dit die grootste party met 8 296 raadslede.

Die Konserwatiewe Party is in 1834 gestig uit die geledere van die Tory-party - van daar die bynaam Tories - en was naas die Liberale Party die oorheersende krag in die politieke lewe van die 19de eeu. Nadat die Liberale Party deur steeds minder kiesers gesteun is, het die Britse Arbeidersparty (Labour Party) vanaf die 1920's die grootste politieke mededinger van die Konserwatiewes geword.

Konserwatiewe eerste ministers het gedurende die 20ste eeu altesaam 57 jaar as regeringsleiers gedien, insluitende Sir Winston Churchill wat dié amp vir twee termyne gevul het (1940–45, 1951–55), en Margaret Thatcher (1979–90). Gedurende mev. Thatcher se ampstermyne het die Britse ekonomie as gevolg van 'n beleid van ekonomiese liberalisering dramatiese omwentelinge ondergaan, terwyl Konserwatiewes toenemend euroskepties geword het.

Die huidige partyleier is sedert 24 Oktober 2022 Rishi Sunak wat ook die amp van eerste minister van die Verenigde Koninkryk tot 5 Julie 2024 beklee het.

Verwysings

  1. "Capping welfare and working to control immigration" (in Engels). Conservative Party. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2017. Besoek op 9 April 2016.
  2. 2,0 2,1 Wolfram Nordsieck. "Parties and Elections in Europe". parties-and-elections.eu (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2020. Besoek op 9 April 2016.
  3. (en) Paul Taggart and Aleks Szczerbiak. "The Party Politics of Euroscepticism in EU Member and Candidate States". University of Sussex. Besoek op 9 April 2016.
  4. Ariane Apodaca. "Information guide: Euroscepticism" (PDF). University of Cardiff (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 April 2016. Besoek op 9 April 2016.

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?