Klein-Caledonrivier (Vrystaat)
- Nota: Moet nie verwar word met 'n ander Klein-Caledonrivier, wat as die Phuthiatsanarivier bekend staan in Lesotho nie.
Klein-Caledonrivier | |
---|---|
Naby Clarens, Vrystaat
| |
Stroomgebied | Vrystaat, Suid-Afrika |
Oorsprong | Bethlehem, Vrystaat |
Monding | Caledonrivier |
Monding-hoogte | 1 605 m |
Koördinate: 28°41′39.9″S 28°14′6.3″O / 28.694417°S 28.235083°O |
Die Klein-Caledonrivier is 'n rivier in die ooste van die Vrystaat, Suid-Afrika. Dit ontspring teen die hange van Wodehousekop (2 433 m) in die Rooiberge van die Golden Gate-Hoogland. Hiervandaan vloei dit weswaarts na Clarens, waar dit by tye deur die Klein-Caledonrivieruitval, 'n uitval van die Lesotho-Hoogland-waterprojek aangevul word. Dit draai dan suidwaarts en eindelik weer suidoos om te Caledonspoort 'n regtersytak van die Caledonrivier, 'n voorloper van die Oranjerivier te vorm.
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.