For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Karnivoor.

Karnivoor

Leeus is groot vleiseters; en vereis tot soveel as sewe kilogram vleis per dag. Groot soogdiere, soos hierdie Buffel maak 'n belangrike deel van hul dieet uit.

'n Karnivoor of vleiseter (vanuit die Latyn carne vir 'vlees' en vorare wat 'vreet' beteken) is 'n organisme wat 'n dieet het wat hoofsaaklik uit diere bestaan, hetsy dit van lewende diere (vir jagdiere) of dooie diere (vir aasdiere) afkomstig is.

In die algemeen kan 'n mens diere as karnivore beskou as hulle hoofsaaklik ander diere vreet eerder as om plante te vreet. Daar bestaan ook ongewerweldes wat prooi eet soos spinnekoppe en hottentotsgotte asook verskeie spesies land- en seeslakke. Diere wat uitsluitlik vleis eet word ware karnivore genoem.

Plante wat insekte vang en verteer word karnivoorplante genoem.

Klassifikasie

[wysig | wysig bron]
Die Venus vlieëvanger, 'n welbekende karnivoorplant

Karnivore wat hoofsaaklik insekte en soortgelyke ongewerweldes vreet word insektevore genoem, terwyl die wat hoofsaaklik vis eet piskivore genoem word. Karnivoorgedrag wat die vreet van lede van 'n organisme se eie spesie insluit word kannibalisme genoem.

Die woord karnivoor word soms gebruik om na die soogdierorde Carnivora te verwys, maar dit kan misleidend wees. Baie diere uit die orde Carnivora is uitsluitlik vleiseters maar nie almal nie. Bere is byvoorbeeld lede van die orde Carnivora maar is nie karnivore wat hul dieet betref nie en pandas is herbivore. Ander diere soos dolfyne wat vleiseters is, is nie lede van die Carnivora orde nie.

Ware karnivore

[wysig | wysig bron]
Hierdie tier se skerp tande en kake is klassieke eienskappe van vleisetende jagdiere

'n Ware karnivoor is 'n dier wat vleis moet eet om te kan lewe.[1] Ware karnivore se fisiologie het nie die vermoë om plantaardige materiale te verteer nie. Die huiskat is 'n goeie voorbeeld van 'n ware karnivoor, soos al die ander diere in die familie Felidae (katfamilie).[2] Karnivore se spysverteringskanale is gewoonlik relatief kort omdat hulle nie die taai sellulose van plantmateriaal hoef te verteer nie.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Definition: Obligate Carnivore"[dooie skakel] Cats.About.com
  2. Feeding Your Cat: Know the Basics of Feline Nutrition, Lisa A. Pierson, DVM at catinfo.org]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Karnivoor
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?