For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Karakoram.

Karakoram

Hierdie artikel handel oor die bergreeks in Sentraal-Asië. Vir die ou hoofstad van die Mongoolse Ryk, sien Karakoroem.
Die Baltoro-gletser in die sentrale Karakoram met die 8000ers Gasherbrum I en II
Nasa-Satellietbeeld van die Karakoram en die Himalaja met die Tiensjan, Pamir, Kunlun en Hindoekoesj in Sentraal-Asië

Die Karakoram (Chinees: 喀喇崑崙山脈; Hindi: काराकोरम पर्वतशृंखला; Oerdoe: سلسلہ کوہ قراقرم‬) is 'n bergreeks in Sentraal-Asië aan die kruispunt van die Himalaja met die Tiensjan, Pamir, Kunlun en Hindoekoesj op die omstrede grense van Afghanistan, Indië, Pakistan, Tadjikistan en die Volksrepubliek China. Die hoogste bergpiek, K2, is met 8 614 meter bo seevlak die tweede hoogste berg ter wêreld net na Berg Everest. Die drie ander berge met 'n hoogte van meer as 8 000 m is Gasherbrum I (8 080 m), Broad Peak (8 051 m) en Gasherbrum II (8 035 m), almal op die omstrede grens tussen Pakistan en Xinjiang (Volksrepubliek China).

Karakoram is 'n Turkse term wat "swart gruis" beteken. In antieke Sanskrittekste (Puranas) word na dié bergreeks met die naam Krishnagiri ("swart berge") verwys.[1][2]

Die Karakoram word deur die Indusvallei van die Himalaja in die suide geskei, deur die Amoedarja van die Pamir in die noordweste en in die noordooste deur die Tarimrivier van die Tarimbekken. Daarbenewens grens dit in die weste aan die Hindoekoesj en in die ooste aan die Kunlun.

Die Karakoram streek oor sowat 700 km en is tussen 100 en 150 km breed. Dit is die mees bevrore deel van die wêreld buite die poolstreke. Die Siachen-gletser met 76 km en die Biafo-gletser met 63 km is onderskeidelik die tweede en derde langste gletsers buite die poolstreke.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Raza, Moonis; Ahmad, Aijazuddin; Mohammad, Ali (1978), The Valley of Kashmir: The land, Vikas Pub. House, ISBN 978-0-7069-0525-0, https://books.google.com/books?id=nQ08AAAAMAAJ 
  2. (en) Chatterjee, Shiba Prasad (2004), Selected Works of Professor S.P. Chatterjee, Volume 1, National Atlas and Thematic Mapping Organisation, Department of Science and Technology, Government of India, https://books.google.com/books?id=ZOOHZ2Hu_QEC 
  3. (en) Jerzy Wala,Orographical Sketch Map: Karakoram: Sheets 1 & 2, Swiss Foundation for Alpine Research, Zurich, 1990.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Karakoram.
  • (en) "Karakoram Range". Encyclopædia Britannica. Besoek op 8 Februarie 2019.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Karakoram
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?