For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Kalmikiërs.

Kalmikiërs

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Kalmikies.
Kalmikiërs

'n Nomadiese familie van Kalmikiërs in 1917
Totale bevolking: ~200 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Rusland Rusland 179 547[1]

Vlag van Turkye Turkye ~3 800
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State ~3 000

Taal: Kalmikies, Russies
Geloofsoortuiging: Boeddhisme
Verwante etniese groepe: Ander Mongoolse volke soos Mongole en Boerjatiërs

Die Kalmikiërs (Kalmikies: хальмгуд, chalmgoed) is 'n Mongoolse etniese groep of 'n subgroep van die Oiratse volk wat inheems aan Suidwes-Rusland is. Hulle praat Kalmikies, 'n taal wat tot die Sentral-Mongoolse groep behoort en in 'n groot mate wedersyds verstaanbaar met Mongools is. Die Kalmikiërs is die enigste volk van Europa waarvan die tradisionele godsdiens Boeddhisme is.

Geografie

[wysig | wysig bron]

Soos baie van Rusland se etniese minderhede, het die Kalmikiërs hul eie federale deelgebied, die Republiek van Kalmikië wat naby die Kaspiese See geleë is en aan Astrachan-, Rostof- en Wolgograd-oblaste, Dagestan en Stawropol-krai grens. Die Kalmikiërs vorm meer as 60% van die republiek se bevolking. Etniese Russe, Kasakke, Turke en verskeie etniese groepe van Dagestanse oorsprong is die grootste minderhede. Kalmikiese dorpies bestaan ook in verskeie nabygeleë distrikte wat nie administratief tot die republiek behoort nie soos Liman-rajon en Narimanof-rajon in Astrachan-oblast.

Politiek

[wysig | wysig bron]

Die Oirat-Kalmikiese Volkskongres is 'n separatistiese organisasie wat hom beywer vir die onafhanklikheid van Kalmikië van Rusland en die skepping van 'n soewereine Kalmikiese staat. In Maart 2022 het die voorsitter van die Kongres Arslang Sandzjijef en sy adjunkte Batir Boromangnajef, Wladimir Dowdanof en Adoetsje Erdnijef 'n resolusie onderteken wat die Russiese inval in Oekraïne veroordeel. Sandzjijef het verklaar dat die Kalmikiërs aan die Russiese kant geveg het in talle oorloë in die afgelope 400 jaar, maar hierdie aggressiewe oorlog nie kan ondersteun nie.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Национальный состав населения [Russiese Sensus 2021]". Росстат (in Russies). Besoek op 13 Augustus 2023.
  2. "Kalmyk people congress – let oligarchs and their children fight!". Free Idel-Ural (in Engels). 2022. Besoek op 13 Augustus 2023.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Kalmikiërs
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?